Mossel Bay Advertiser

Twee vas vir vervalste note

- Clive Pretorius

Twee mans is Vrydagmidd­ag in Heidelberg in hegtenis geneem nadat een van hulle by ’n winkel in die middedorp items probeer koop het met ’n vervalste R200-noot.

Die mans, 22 en 35 jaar, onderskeid­elik van Kaapstad en Mosselbaai is vermoedeli­k deel van ’n sindikaat wat in die Suid-Kaap-streek bedrywig is waar hulle inwoners, maar veral besighede met die slenter probeer vang.

Volgens ao Alroy Windvogel, Heidelberg­polisie se kommunikas­iebeampte het die winkeleien­aar hulle gebel toe hy besef dat die man hom ’n vervalste R200 gegee het vir ’n pakkie sigarette. Die skof aan diens het hulle onmiddelli­k na die winkel gehaas, waar hulle die eienaar in die straat gekry en hy aan hulle genoem het dat hulle in ’n wit VW Caddy weggejaag het.

Die C-skoflede, onder leiding van ao Jaco Louwrens het die Caddy agternages­it en ingehaal. Die 22-jarige het op die N2 uitgesprin­g en tussen die riete langs die rivier verdwyn. Hy is egter tussen die riete aangekeer. Die bestuurder het intussen weggejaag en is op die N2, sowat 8km rigting Swellendam deur konst Keeno Fredericks afgetrek en in hegtenis geneem.

Buiten die een R200-noot wat geskeur het toe die verdagte agterkom dat die eienaar besef dat dit vervals is en dit gegryp het, het die polisie op nog vier R200-note, asook ’n beursie beslag gelê.

Die verdagtes is op aanklag van besit van vervalste note aangekla en het Maandag, 19 April in die hof verskyn. Die klag is voorlopig van die rol geskrap omdat die banknote vir ontleding weggestuur moet word. Hulle sal op ’n later datum weer aangekla word indien dit bevestig word dat dit wel vervalste note is.

Die winkeleien­aar, Omar-Farouk Bhuiyan het aan Suid-Kaap Forum genoem het dat dit nie die eerste keer is dat hy met vervalste note ingeloop is nie.

Volgens sy vrou, Farzana het ’n onbekende vrou sowat twee maande gelede die winkel met ’n baba op die arm ingekom en ongeveer drie artikels gekoop. Dis eers later wat sy en haar man agtergekom het dat die R200noot vervals is. Sedertdien ondersoek hulle banknote baie noukeurig om verliese te vermy.

Bhuiyan het steeds die noot in sy besit, maar het nie ’n klag aanhangig gemaak nie.

 ?? Foto: Clive Pretorius ?? Polisieled­e wat by die inhegtenis­name betrokke was, is (van links) sers Carlin Wewers, konst PJ Gordon, konst JJ Paige, sers Tercia Hoogbaard, ao Jaco Louwrens (skofleier) en konst Keeno Fredericks.
Foto: Clive Pretorius Polisieled­e wat by die inhegtenis­name betrokke was, is (van links) sers Carlin Wewers, konst PJ Gordon, konst JJ Paige, sers Tercia Hoogbaard, ao Jaco Louwrens (skofleier) en konst Keeno Fredericks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa