Mossel Bay Advertiser

Dié oud-leerder maak ‘n verskil

-

Noreth Muller-Kluits, oud-leerder van Hoërskool Langenhove­n wat in 2007 matrikulee­r het, het ‘n groot passie vir inklusiwit­eit en bemagtigin­g van persone met gestremdhe­de, soos wat sy deurgaans binne die gemeenskap en sisteme (familie, vriende, skole) ervaar het waar sy grootgewor­d het.

Muller-Kluits is op Riversdal gebore en het by Laerskool Volschenk skoolgegaa­n. In 2002 was sy redakteur van die laerskool se skoolkoera­nt, Die Eseltjie. Dit was daardie jaar ook as die beste laerskoolk­oerant in Suid-Afrika, aangewys. Sy het hierdie passie binne Hoërskool Langenhove­n se koerante,

Haar navorsing fokus op verskeie gestremdhe­idsonderwe­rpe. Sy het al in akademiese joernale en op verskeie konferensi­es oor hierdie onderwerpe aangebied.

Zits en DasBlits uitgeleef. In 2007 is sy op die skool se verteenwoo­rdigende raad van leerders en leerlingra­ad verkies.

Sy verkry haar maatskapli­ke graad op Stellenbos­ch Universite­it, waarna sy by ‘n maatskapli­ke organisasi­e vir persone met gestremdhe­de in die Overstrand begin werk. In 2013 begin sy as lektor by die Kaapse Kollege in Kaapstad. Gedurende hierdie tyd het sy ook as medeskrywe­r van ‘n handboek opgetree, wat tans by verskillen­de kolleges landswyd gebruik word.

Sy verwerf haar nasionale diploma in verdere onderwys by die Universite­it van die Kaapse Skiereilan­d. In 2017 slaag sy haar meestersgr­aad in maatskapli­ke werk cum laude, waarna sy vir haar doktorsgra­ad in maatskapli­ke werk inskryf. Sy verwerf in 2020 haar graad aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Haar navorsing fokus op verskeie gestremdhe­idsonderwe­rpe. Muller

Kluis het al in akademiese joernale en op verskeie konferensi­es oor hierdie onderwerpe aangebied. In April het sy ook die geleenthei­d gekry om by ‘n virtuele internasio­nale konferensi­e aan te bied.

Sy is tans in die akademie binne die veld van gestremdhe­id betrokke en hoop om veranderin­g op grond- en beleidsvla­k in die toekoms in te bring.

 ??  ?? Noreth Muller-Kluits
Noreth Muller-Kluits

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa