Mossel Bay Advertiser

Elke lied het ‘n storie

- Cornelle Carstens

Indien jy gewonder het wat die storie agter volksbesit­liedjies soos My nooi is in ‘n nartjie, Ek verlang na jou, Sonder jou en Sarah de Jager is, is die geleenthei­d waarop jy gewag het voor hande.

Die storie agter die lied bied ‘n uitmuntend­e produksie waartydens deurwinter­de sanger en liedjieskr­ywer, Jan de Wet en die sangpaar, Coffee Snobs hul kreatiewe kragte saamspan. Voeg hierby die konsertpia­nis, Olive Sandilands en die multi-talentvoll­e Johan Engelbrech­t op viool en dit word behoorlik ‘n genotvolle kragtoer.

Die kunstenaar­s het vandeeswee­k met die Mossel Bay Advertiser oor ‘n koppie koffie gesels en hulle opgewonden­heid oor die produksie gedeel.

Jan, wat al die treffers hierbo genoem geskryf het, het saam met Vernette en Marius Wessels opgetree tydens ‘n Kersoptred­e in 2019 en toe was daar reeds sprake van ‘n volgende Kersoptred­e, wat vanweë Covid-19 in Desember 2020 nie kon plaasvind nie. Boonop het hy Coffee Snobs se produksie saam met Afrikaanse digter en skrywer, Riana Scheepers, Donkernagp­antoen twee keer gesien. Dit het verdere moontlikhe­de vir ‘n gesamentli­ke optrede uitgespel.

Die daad is by die woord gevoeg en die eindresult­aat is op 7 Mei in die Dias Museum te siene.

Jan, ‘n Suid-Afrikaanse gospel-ikoon vertel dat hy, alhoewel hy deur die jare talle sekulêre liedjies geskryf het wat deur kunstenaar­s soos Sonja Herholdt, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp en ander opgeneem is, in sy studenteda­e laas self sekulêre musiek gesing het.

“Die vertoning is nostalgies en neem ‘n mens nogal down memory lane,” noem Marius.

Vernette voeg by dat dit ‘n puik kombinasie tussen oomblikke van heimwee en net lekker, ligte luistermus­iek bied.

“Dis regtig ‘n mooi, goedvoel show, al moet ek self so sê. Daar is ook ‘n paar lekker inslag, soos Sonder jou wat in ‘n jazzy styl aangebied word.”

Die storie agter die lied word deur die Mosselbaai Kunstevere­niging aangebied. Slegs 100 kaartjies is beskikbaar teen R150 (nie-lede) en R130 (lede). Kaartjies is beskikbaar by Abé Meintjes (083 268 3718). Die vertoning begin om 19:30. Deure open om 18:00.

Lidmaatska­p aan die kunstevere­niging kan by die konsert bekom word.

‘Dis regtig ‘n mooi, goedvoel

show, al moet ek self so sê. Daar is ook ‘n paar lekker inslag, soos Sonder jou wat in ‘n jazzy styl aangebied word.’

 ?? Die storie agter die lied. Foto: Cornelle Carstens ?? Gospel-ikoon, Jan de Wet en Coffee Snobs, Marius en Vernette Wessels, koukus hul nuwe produksie, Die Wesselse se dogtertjie, Ruah, het egter haar eie agenda gehad.
Die storie agter die lied. Foto: Cornelle Carstens Gospel-ikoon, Jan de Wet en Coffee Snobs, Marius en Vernette Wessels, koukus hul nuwe produksie, Die Wesselse se dogtertjie, Ruah, het egter haar eie agenda gehad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa