Mossel Bay Advertiser

Pad word nie gesluit nie

- Fred Meintjes, Stilbaai:

Ons verwys na u artikel, Padsluitin­g uit R305 ontstel - Suid-Kaap Forum, 26 Maart.

Die volgende is die minder as 400 woorde van beswaar na aanleiding van u artikel wat u van ons vesroek het. U opskrif is misleidend en reflekteer nie die ware toedrag van sake nie.

Indien die aansoek om die pad se status te verander, suksesvol is, word dit verander in status van ‘n sekondere pad na ‘n privaat pad. Geeneen van die huidige gebruikers se toegang en regte word benadeel nie – van Riverside langs die rivier, die plaaseiena­ar tot die twee sakeondern­emings, Inverroche en Press Room. Die pad word dus nie ‘gesluit’ soos beweer word nie.

Daar is oorweldige­nde steun vir die veranderin­g – daar is geensins “ontstelten­is” oor die stap nie. Daar is net vier persone wat enigsins so “ontsteld” is dat hulle of kommentaar of besware ingedien het. Al die ander steun die stap anders sou hulle sekerlik die moeite gedoen het om kommentaar te lewer of beswaar aan te teken.

Die kennisgewi­ngs voldoen volkome aan die Paaie-department se verpligtin­ge – ‘n advertensi­e in ‘n plaaslike koerant en ‘n kennisgewi­ngbord by die ingang. Bewerings van misleiding is ‘n belediging vir alle redelike mense.

Dit is verregaand­e en ‘n belediging vir die paaie-departemen­t.

U bron het blykbaar die kennisgewi­ng dadelik gesien – buitengewo­on intelligen­t? Die redes vir die aansoek is i) Sekuriteit – baie gevalle waar inwoners bedreig is deur mense wat toegang langs die pad verkry. Daar was ‘n kaping van ‘n bejaarde in haar huis, bedreiging van personeel deur mense met messe en dosyne gevalle van diefstal van eiendom van inwoners.

ii) Dit maak net sin dat toegang vir die veiligheid van die hele gemeenskap beter beheer moet word.

iii) Die ondergeski­kte pad word vir dekades lank nie meer gebruik vir die doel wat dit aanvanklik geproklame­er was nie – naamlik as ‘n veilige deurgang deur die rivier.

iv) As ondergeski­kte pad word dit nie gereeld deur die paaie-department onderhou nie. Dit dien ‘n baie klein gemeenskap.

Of ons dit wil weet of nie - daar is groter prioriteit­e elders.

U is op sleeptou geneem deur enkelinge wat waarskynli­k eie belang en nie die van die groter gemeenskap nagestreef het nie. Die enkele besware sal volledig behandel word en die finale aanbevelin­gs sal ‘n gelanseerd­e opinie bevat wat die meerderhei­d se belange sal verteenwoo­rdig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa