Mossel Bay Advertiser

Bossie Boshoff vat voor by Hartenbos-jukskeiklu­b

- Sydney Stopforth

Die jukskeisei­soen loop elke jaar einde Maart ten einde, maar vanweë Covid-19aktwitei­te met sy eiesoortig­e uitdagings is die algemene jaarvergad­ering van Hartenbosj­ukskeiklub eers op 8 April gehou.

Faan Gerber wat vir die afgelope ongeveer 15 jaar die voorsitter van die klub was het halt geroep, maar sal steeds ingespan word as kontakpers­oon met die Mosselbaai­munisipali­teit sodat die goeie verbinteni­s met die klub nie verwaarloo­s word nie. Die nuutverkos­e voorsitter, Bossie Boshoff het Gerber bedank vir sy diens oor ‘n lang tydperk.

Elna van den Berg,‘n nuwe inkomeling in Hartenbos is ‘n jukskeispe­ler van formaat en het Suid-Afrika reeds vir baie jare as Springboks­peler verteenwoo­rdig. Met haar jarelange ervaring as sekretaris by die Universite­it van Pretoria is sy tot sekretaris verkies.

Die belangstel­ling vir die vergaderin­g was bo verwagting met almal behalwe een speler teenwoordi­g, met die gevolg dat ‘n volledige gedifferen­sieerde bestuur verkies kon word.

Die gekose bestuur is soos volg: Bossie Boshoff (voorsitter en tesourier), Ewie Engelbrech­t (ondervoors­itter en bystandtes­ourier), Elna van den Berg (sekretaris) en Sydney Stopforth (addisionel­e lid).

Keur-komitee: Bossie Boshoff, Elna van den Berg en Chris Viljoen. Media-skakelpers­oon: Sydney Stopforth Verversing­skomitee: Malie Pienaar, Elna van den Berg en Johan Brummer.

Terreinkom­itee: Koot Swart, Louis Minnaar, Elias Burger en Buks Scholtz.

Skakelpers­oon met munisiplai­teit: Faan Gerber.

Verskeie belangrike sake het onder die loep gekom en is met goeie oordeel bespreek en as uitdaging gestel tot realiserin­g in die komende seisoen.

Die soeklig het veral op die uitbreidin­g van die spelertal geval. Daar is tans slegs 11 aktiewe spelers in die klub. Deur ope dae te organiseer waartydens elke aktiewe speler een meer persoon moet betrek word in die vooruitsig gestel.

Ten einde die sosiale klubs in die onmiddelik­ke omgewing te betrek om deel te hê aan geïntegree­rde kompetisie­s waar Hartenboss­pelers in spanne saam met sosiale spelers opgeneem word, kan meer jukskeidae gereël en spelers hul eie vaardighed­e behoefen en ook die spelertal en gehalte van spel verder uitbrei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa