Mossel Bay Advertiser

Hartenbos wen die bod

-

Die vreugdevur­e brand hoog in plaaslike toutrekgel­edere nadat Suid-Afrika se bod om die 2026- wêreld toutrek kampioensk­appe aan te bied, verlede week tydens Toutrek Internasio­naal se virtuele wêreldkong­res deur ‘n oorweldige­nde meerderhei­d aanvaar is.

Italië, Swede en Suid-Afrika is na ‘n skriftelik­e tenderpros­es aangewys as die drie lande op die kortlys om die wêreldkamp­ioenskappe aan te bied. Hierdie drie lande het op die eerste dag van die wêreldligg­aam, die Internasio­nale Toutrekfed­erasie (TWIF) se virtuele wêreldkong­res wat op Vrydag, 16 April gehou is, hul onderskeie aanbieding­s gedoen. Die aanbieding­s is aangevul met promosievi­deo’s wat vooraf aan die lidlande versprei is.

Op Saterdag, 17 April het die lidlande gestem waarna Suid-Afrika die bod met ‘n tweederde-meerderhei­d gewen het.

Volgens Anton Botha, president van SA Toutrek het beplanning vir die toernooi reeds in 2019 begin toe die organiseri­ng s komitee vergaderin­gs met die ATKV-bestuur en die Mosselbaai-munisipali­teit gehad het.

Met beide die ATKV-bestuur én die steun van Mosselbaai-munisipali­teit, het die gedetaille­erde beplanning gevolg ten einde die tenderdoku­mente te voltooi en die promosievi­deo te vervaardig. Mosselbaai Toerisme se ondersteun­ing in hierdie verband was ook van groot waarde.

Die toernooi word beplan vir

9-12 September 2026, kort voor die skoolvakan­sie. Die hele ATKV-oord word vir die toernooi gereservee­r, terwyl die Diaz

Hotel in Mosselbaai gereservee­r word as die hoofkwarti­er, waar die Internasio­nale Toutrekfed­erasie se hoof uitvoerend­e komitee en tegniese beamptes sal bly.

Die toernooi self gaan in die amfiteater by Hartenbos aangebied word. Dit strek oor vier dae en sluit afdelings in vir mans, vroue, sowel as ‘n gemengde afdeling en die o/19- en o/23-afdelings in.

TWIF bestaan uit 74 lidlande, waarvan die top 20 toutreklan­de hier teenwoordi­g sal wees. Benewens sowat 1 400 atlete sal daar na verwagting ook ‘n verdere 2 500 tot 3 000 ondersteun­ers die toernooi bywoon.

SA Toutrek gaan ook ‘n uitreik-aksie loods deur plaaslike skole die geleenthei­d te gee om die eerste twee dae van die toernooi gratis by te woon. Die ATKV-oord gaan vir die duur van die kampioensk­appe getooi word in vlae en baniere, soortgelyk aan die Olimpiese dorpe waar atlete gedurende die Olimpiese Spele gehuisves word.

Kaartjies sal spesifiek vir die plaaslike gemeenskap beskikbaar gestel word. Die toernooi word uitgesaai, terwyl ‘n TVprogram vir Supersport vervaardig gaan word.

 ??  ?? Suid-Afrika se o/19-gemengdesp­an (vier seuns en vier meisies) is die huidige wêreldkamp­ioene in hierdie afdeling.
Suid-Afrika se o/19-gemengdesp­an (vier seuns en vier meisies) is die huidige wêreldkamp­ioene in hierdie afdeling.
 ??  ?? Atlete van Eden by ‘n onlangse kompetisie op Hartenbos.
Atlete van Eden by ‘n onlangse kompetisie op Hartenbos.
 ??  ?? Alicia Visser, Springbok-toutrekker.
Alicia Visser, Springbok-toutrekker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa