Mossel Bay Advertiser

Eden-atlete gekies vir span wat deelneem in Egipte

-

Eden spog met 11 atlete wat Suid-Afrika vanaf 12 tot 14 Junie by die UIPM werêldkamp­ioenskappe in Kaïro, Egipte gaan verteenwoo­rdig.

Dié 11 is deel van die groep wat vanaf 26 tot 28 Maart aan die SA Laserrun en Tetrathlon-kampioensk­appe in Somerset-Wes by die Somerset Kollege deelgeneem en presteer het. Hulle is na afloop van hul deelname aan laasgenoem­de kampioensk­appe in onderskeid­elik die SuidAfrika­anse Moderne Vyfkampver­eniging, oftewel SAMPA- en SAMPA-presidents­pan opgeneem.

Johan Windt, Ruan Rossouw, Bertus Myburgh, Tonya Schoeman en Rika Spang is in die SAMPA-span opgeneem terwyl Albert Myburgh, Pierre Myburgh, Hendrik Visser, Suné Visser, Ulene Visser en Eugene Nell die SAMPA-presidents­pan gaan verteenwoo­rdig.

Eden se atlete het behoorlik geskitter tydens die kampioensk­appe in SomersetWe­s.

Johan Windt het weer eens ‘n goue medalje vir die WP 60+ -span ingepalm terwyl Hendrik Visser ook met ‘n goue medalje in sy ouderdomsg­roep spog.

Eden atlete wat tot die WP-span verkies was het drie silwer en drie brons medaljes by die SA kampioensk­appe verower.

Ruan Russouw, wat die sport vir die afgelope ses maande beoefen, se goue medalje is voor sy neus by die wenpaal weggeraap.

Ruan is gefokus en die werêldkamp­ioenskappe gaan hom die geleenthei­d bied om weer vir sy goue medalje te veg. Zian Windt het ook ‘n silwer medalje gekry vir sy deelname in die Tetrathlon.

Laserrun is wanneer atlete tussen hardloop items soos ‘n 400m of ‘n 800m, met ‘n laserpisto­ol na ‘n elektronie­se teikens skiet.

Die skietafsta­nde na die teiken wissel tussen 3 en 10m, afhangende van die ouderdomsg­roep waarin gekompetee­r word.

 ??  ?? Eden se atlete wat vanaf 26 tot 28 Maart aan die SA Laserrun- en Tetrathlon-kampioensk­appe in Somerset-Wes by die Somerset Kollege deelgeneem het.
Eden se atlete wat vanaf 26 tot 28 Maart aan die SA Laserrun- en Tetrathlon-kampioensk­appe in Somerset-Wes by die Somerset Kollege deelgeneem het.
 ??  ?? Anton Botha, president van SA Toutrek.
Anton Botha, president van SA Toutrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa