Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai­er moontlik Mnr SA

- Cornelle Carstens

'n Onderwyser van Diaz Primêre Skool, Anton Siebert is tans in die top 60 finaliste landwyd vir die Mnr SA-titel. Vanaf Julie word die getalle gesnoei tot slegs die top 10 oorbly.

Die Mossel Bay Advertiser het met dié 30-jarige gesels om te hoor of hierdie titel dalk weer Mosselbaai toe sal kom. Dieter Voigt, 'n voormalige Mosselbaai­er, het in 2007 die titel verower.

Waar lê jou wortels?

Ek is oorspronkl­ik van Port Elizabeth (Gqeberha) en woon nou al ses jaar in Mosselbaai. In 2013 was ek 'n finalis vir Mnr Port Elizabeth en in 2019 was ek onder die top 5 vir Mr Garden Route.

Vertel van jou belangstel­lings?

Van jongs af is ek al baie aktief in sport. Ek het drie keer al my Suid-Afrikaanse kleure in drie verskillen­de sportkodes, bofbal (baseball), kegelbal (tenpin bowling) en liggaamsbo­u verwerf. Ek is ook 'n provinsial­e rugbyafrig­ter wat tans die o/12 SWD rugbyspan afrig.

En die onderwys?

Soos ek vir almal sê, die Here het my geplaas waar Hy geweet het ek die meeste impak gaan maak en dis in die onderwys. Onderwys is 'n roeping. Dit vat 'n buitegewon­e persoon om 'n onderwyser te wees en ander op te bou om hulle beste te kan bereik.

Wat het jou loopbaanke­use beïnvloed?

Ek wou nog altyd 'n verskil in mense se lewens maak, of dit nou is om te luister na iemand en raad te gee of om komberse, kos of klere vir mense wat dit nodig het te vat. Ek wou net altyd ander help. Onderwys was vir my 'n roeping, want daar kon ek baie meer lewens aanraak en kinders se lewe positief probeer verander.

Hoe sien jy jou rol as 'n onderwyser, afrigter en rolmodel?

Dis eenvoudig. As iemand na wie kinders en ander kan opkyk. Iemand wat altyd daar is om hulle by te staan en te help opbou waar moontlik.

Hoe lank doen jy al modelwerk?

Ek doen nie modelwerk nie. Ek het vir 'n jaar modelwerk gedoen, maar dit opgegee. Ek sal nou en dan, sommer vir myself vir 'n fotosessie gaan, maar dis dit.

Vertel van jou deelname aan Mnr SA?

Ek het ingeskryf vir Mnr SA nie vir myself of om die "inpersoon" te wees nie. Ek het ingeskryf omrede ek voel dat ek deur hierdie platform meer kinders en mense kan bereik, en meer lewens sodoende op 'n positiewe manier kan verbeter. Ek het van kleinsaf al baie deurgemaak. Ek weet van swaarkry. Ek ken teleurstel­lings. Ek weet hoe om hard te werk en nie op te hou totdat ek my doelwit bereik het nie.

Ek het al depressie oorkom en dit is hoekom ek vir Mnr SA ingeskryf het.

Ek het ook ingeskryf omdat ek 'n pa-figuur, rolmodel en held vir kinders wil wees, want daar is soveel vaderlose kinders.

Die rolmodelle wat kinders deesdae volg is waarlik nie altyd goeie voorbeelde vir die jeug nie.

'n Mens gebruik altyd jou eie storie en foute om ander te help en op te bou en by te staan.

Hoe sien jy Mnr SA?

'n Mnr SA moet iemand wees wat opstaan vir ander en wat alle mense bystaan. Hy moet sy titel gebruik om mense te help en te uplift. Die titel moenie gebruik word om jouself bo ander mense te verhef en te dink jy is beter as hulle nie.

Hoe kan Mosselbaai jou ondersteun?

Mosselbaai kan vir my stem deur MRSA49 te SMS na 40439. Dit is R2 per sms en geen gratis SMS'e word aanvaar nie.

En jou kollegas? Wat dink hulle?

My kollegas en ons hoof, Genevieve Muller staan my by soos ons skool altyd agter mekaar staan by Diaz Primêr.

 ??  ??
 ??  ?? ‘n Ware bok vir sports, maar hy het ook sy SA kleure in liggaamsbo­u. INLAS: Anton Siebert meen dat Mnr SA ‘n vaderfiguu­r behoort te wees.
‘n Ware bok vir sports, maar hy het ook sy SA kleure in liggaamsbo­u. INLAS: Anton Siebert meen dat Mnr SA ‘n vaderfiguu­r behoort te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa