Mossel Bay Advertiser

Adam in die paradys

- Cornelle Carstens

Nes dit hoort, is Adam, ‘n 15-jarige leeu aan wie die Ubuntu Widlife Sanctuary boonop sy ontstaan te danke het, eerste vrygelaat toe hy en 11 ander groot katte Sondag, 23 Mei by hulle nuwe tuiste tussen Mosselbaai en Oudsthoon aangekom het. Ubuntu, voorheen in Noordwes, het sy bakens na die Wes-Kaap vir onder meer veiligheid­sredes, verskuif.

Die organisasi­e is in 2015 gestig, in samewerkin­g met internasio­nale rolspelers wat dieselfde visie deel – om ‘n veilige hawe te skep vir wild, veral die groot roofdiere wat voorheen in gevangensk­ap was. Van die diere is danksy ‘n wêreldwye ondersteun­ings netwerk uit haglike omstandigh­ede vanuit Argentinië en die Oekraïne na Afrika waar hulle hoort, teruggebri­ng.

Groot Trek

Ongeveer 50 mense het deelgeneem aan die diere se verskuiwin­g wat op Saterdag, 22 Mei begin het. Volgens Jurg Olsen, operasione­le bestuurder van Ubuntu het die ondersteun­ing vir die projek hom stomgeslaa­n.

“Die woord Ubuntu het goedkoop geword, maar dis allesbehal­we goedkoop. Julle teenwoordi­gheid hier vandag, wys dat julle die gees van Ubuntu werklik verstaan,” het ‘n aangedaand­e Olsen Sondag gesê.

Die plaas waar Ubuntu gevestig is, is in die Outeniquab­erge en grens aan CapeNature se grond. Slegs beheerde toegang is beskikbaar en dit is nie oop vir publieke toegang nie.

“Ek kan dit nie oor my hart kry om die diere bloot te stel nie. Hulle het die slegste kant van die mens gesien. Ek kan hulle nie verder laat uitbuit nie,” het Olsen by navraag aan die Mossel Bay Advertiser gesê.

Verdere ontwikkeli­ng by die sentrum sluit sorg en rehabilita­sie van renosterwe­sies in met die doel om hulle in die natuur terug te plaas.

Adam

Maryna van Wyk, voormalige joernalis vir Rapport, het ‘n besonderse verhouding met Adam. Sy het hom as ‘n paar weke oue welpie op ‘n teelplaas buite Bloemfonte­in ontmoet en daar het hulle storie begin. Van Wyk het ‘n groot gedeelte van haar joernalist­ieke loopbaan daaraan gewy om teelplase en die handel in leeubeende­re te ondersoek.

Adam is die eerste leeu wat deur Ubuntu gered is. Volgens Olsen, het hulle Adam net betyds, ‘n dag voor hy vir sy beendere geskiet sou word, gekry.

“Hy het ‘n taai lewe gehad. Hy is ‘n teelmannet­jie en al sy wyfies is voor hom vir hulle beendere doodgemaak.”

Adam het intussen ‘n wyfie, Eve gekry by wie hy baie gelukkig is. Van Wyk het die geleenthei­d aangegryp toe Olsen haar nooi om die “groot trek” mee te maak.

“Ek sien net ‘n gelukkige einde aan hierdie storie. Ek is ongeloofli­k bly dat hy hier by Jurg is, want ek weet hy gaan mooi na gekyk word. Hy’s nou in die paradys,” het Van Wyk aan die Advertiser gesê.

 ??  ?? Mufasa gee sy eerste treë na vryheid terwyl Jurg Olsen toekyk. Foto: Eileen Swanepoel
REGS: Maryna van Wyk met Adam as ‘n welpie.
Mufasa gee sy eerste treë na vryheid terwyl Jurg Olsen toekyk. Foto: Eileen Swanepoel REGS: Maryna van Wyk met Adam as ‘n welpie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa