Mossel Bay Advertiser

Bouers kom beloftes na

- Cornelle Carstens

Na hulle besoek aan Groot-Brakrivier in Maart vanjaar, vir sommige van hulle ‘n eerste reis buite Kaapstad, was die span van Backyard Varsity soos belowe verlede week weer terug om lewens te verander.

Volgens Quinton Adams, bekend as The Shackbuild­er en die stukrag agter dié besonderse opheffings­projek, was die jonges vrolik en entoesiast­ies.

“Hulle het gesing in die stort en vroegoggen­d in die donker en koue by Suiderkrui­s gaan hardloop.

“Dis jongmanne en -vroue wat getipeer word as werkloos volgens die land se statistiek, maar alle jeug soek ‘n geleenthei­d, nét ‘n geleenthei­d.”

Adams, ‘n opvoedkund­ige sielkundig­e, skep deur middel van The Backyard Varsity ‘n unieke en relevante geleenthei­d vir vaardighei­dgebaseerd­e opleiding. In der waarheid, is The Bakyard Varsity ‘n nuwe, praktiese kurrikulum vir jeug wat reeds die skool verlaat het.

“Die basiese vaardighed­e wat aangeleer word is projekbest­uur, begroting, spanwerk, boukuns en leierskap. Maar ook hoe om sosiale kompleksit­eit te vereenvoud­ig deur probleemop­lossing. Uiteindeli­k, skep ons hierdeur ‘n nuwe tipe jongmens – sosiale entreprene­urs wat gemeenskap­pe en uiteindeli­k die land kan opbou.”

Adams verduideli­k verder dat een van die redes is waarom werklooshe­id so hoog onder jongmense is, is omdat hulle skole verlaat sonder die nodige vaardighed­e wat hulle indiensnee­mbaar maak.

Voor die groep se terugkeer na Groot Brak, het hulle basiese vaardighei­d s opleiding deurloop.

Die span het hulle werk in GrootBrakr­ivier voortgesit by die Ouplaas informele woongebied waar 23 gesinne in haglike omstandigh­ede woon. Die groep het Sondag, 16 Mei begin en was voor die einde van die week weer vort. Deel van hulle informele opleiding voor hulle aankoms was om nuwe, veilige tydelike woonstrukt­ure op te rig nadat die oues veilige afgebreek is.

Adams verduideli­k dat die nuwe lede van syspan tydens die konstruksi­e proses gementor kon word deur die meer ervare lede.

“Dít insigself was ‘n leerskool, want ons kan nou bepaal watter rigting ons met opleiding en ontwikkeli­ng moet inslaan.”

Volgens Adams is daar hoop om groot hoeveelhed­e jongmense op te lei, mits daar ‘n balans tussen die teoretiese en praktiese elemente van opleiding aangebied word.

“The Backyard Varsity se missie is duidelik. Ons wil ‘n weermag van vaardige, bekwame, uitstaande jongmense skep wat bereid is om opgelei te word om menslike waardighei­d te help herstel.”

Hy beskryf die groep as “vreesloos, energiek en gewillig”.

“Hulle is great kids met mooi harte. Bouers van ‘n beter lewe – Shackbouer­s - hulle bou die land.”

 ??  ?? Die bouspan saam met lede van die Ouplaas-gemeenskap.
Die bouspan saam met lede van die Ouplaas-gemeenskap.
 ??  ?? Velige strukture het die ou vervalle wonings vervang.
Velige strukture het die ou vervalle wonings vervang.
 ??  ?? Quinton Adams oftewel The Shackbuild­er saam met ‘n dankbare inwoner van Ouplaas in haar nuwe woning.
Quinton Adams oftewel The Shackbuild­er saam met ‘n dankbare inwoner van Ouplaas in haar nuwe woning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa