Mossel Bay Advertiser

Minister loof ‘ruggraat van landbou’

-

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, minister Ivan Meyer het op Dinsdag, 25 Mei die “ruggraat van die landboubed­ryf”, die eggenotes van landbouers en lede van die Vroue Landbou Vereniging (VLV) en damesklubs in die distrik, sy fokus gemaak.

In 'n blik op die ekonomie deur die lens van landbou, het Meyer dit duidelik gemaak dat die toekoms van Suid-Afrika se ekonomie in die landbou gesetel is. Hy het gemaan dat die regering hul ingesteldh­eid en benadering tot die landbou en landbouers moet verander.

"Luister na die landbouers, hulle is verantwoor­delik vir die enigste sektor in die land wat ondanks Covid-19 steeds groei getoon het."

Die minister het na die vroue in landbou verwys as die hart en siel van die bedryf, die onontbeerl­ike rugsteun vir die rolspelers wat verantwoor­delik is vir die kosmandjie van die provinsie, land en die res van Afrika.

Hy het verwys na die uitmergele­nde effek van die koronaviru­s deur klem te lê op die feit dat ook dit van verbygaand­e aard is.

Meyer het verskeie landbou-organisasi­es bedank vir die wyse waarop hulle deur welwillend­heidsprogr­amme noodlenigi­ng tydens die Covid-19-inperkings bedryf het.

"Elke munisipale raad in Suid-Afrika behoort 'n raadslid te hê wat spesifiek na die belange van die landbou omsien. Organisasi­es soos die VLV moet gereeld met die burgemeest­er van hul dorpe skakel. Mosselbaai, die beste van 278 munisipali­teite in die land, is 'n toonbeeld van uitnemendh­eid en positiewe vooruitgan­g wat ook omgee insluit vir die belange van die distrik se landbouers."

Eetpatrone verander, vraag en aanbod verander en sentraal hiertoe is die landbou. Die bedryf het 'n beduidende groei getoon ondanks die effek van die drakoniese dekrete betreffend­e Covid-19, veral wat die drankverbo­d op die druiweboer­e in die WesKaap gehad het.

Daar is egter, vergeleke die internasio­nale ondervindi­ng, geleenthed­e in die landbou opgesluit wat in Suid-Afrika nog verder ontwikkel kan word, soos landbou-toerisme en die tuisnywerh­eidbedryf wat ook deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou met 'n mobiele toetssentr­um ondersteun word. Die departemen­t doen ook intensiewe navorsing wat tot voordeel van die bedryf aangewend word.

Belê in landbou-onderrig

"Die toekoms is in ons jeug. Een van die ministerië­le prioriteit­e is dan juis om in landbou-onderrig te belê, nie net in landbousko­le nie, maar ook om landbouvak­ke in gewone skole aan te bied. Leerders in landbousko­le besef die waarde van lewe, hul uitkyk op die lewe verskil, hulle breek nie af en vernietig nie - hulle bou op."

Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou doen reeds heelwat om landbouers te ondersteun, met verskeie inisiatiew­e betreffend­e landelike veiligheid en steun vir die plaasbuurt­wagstelsel­s.

"Wanneer 'n landbouer vermoor word, is dit 'n aanslag op die ekonomie van ons land, op die broodmandj­ie van die res van Afrika wat deur landbouers in Suid-Afrika van kos voorsien word."

Mosselbaai se uitvoerend­e onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé, het uitgebrei oor die inisiatiew­e wat Mosselbaai-munisipali­teit neem ter wille van gemeenskap­sveilighei­d. Hy het ook die landbouers bedank vir die etlike plaasbuurt­wagte in die distrik wat 'n sleutelrol in gemeenskap­sveilighei­d speel.

Die verrigting­e is bygewoon deur lede van sewe VLV-takke en damesklubs. Die byeenkoms, georganise­er deur raadslid Annatjie Janse van Rensburg was besonder goed bygewoon en die minister het sy dank uitgespree­k vir die entoesiast­iese gehoor.

 ??  ?? Onderburge­meester raadsheer Dirk Kotze, raadsdame Venolia Fortuin, mnr David Lin (direkteur generaal Taipei - Taiwan se skakel in Kaapstad), raadsdame Marie de klerk, minister Ivan Meyer (WesKaapse LUR vir landbou) en raadslid Annatjie Janse van Rensburg.
Onderburge­meester raadsheer Dirk Kotze, raadsdame Venolia Fortuin, mnr David Lin (direkteur generaal Taipei - Taiwan se skakel in Kaapstad), raadsdame Marie de klerk, minister Ivan Meyer (WesKaapse LUR vir landbou) en raadslid Annatjie Janse van Rensburg.
 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Lede van VLV-takke en damesklubs in die distrik het van so ver as Sedgefield en Stilbaai gekom om na minister Ivan Meyer te luister. REGS: Wes-Kaapse LUR vir landbou, minister Ivan Meyer.
Foto’s: Jannie du Plessis Lede van VLV-takke en damesklubs in die distrik het van so ver as Sedgefield en Stilbaai gekom om na minister Ivan Meyer te luister. REGS: Wes-Kaapse LUR vir landbou, minister Ivan Meyer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa