Mossel Bay Advertiser

Stilbaai se bestes op skouer geklop

- Elsa Wessels

Stilbaai se topsakelui is Donderdaga­and, 20 Mei tydens die Stilbaai-sakekamer se Prestige Toekenning­saand by die Priveliste­alandgoed in Jongensfon­tein vereer.

‘n Spesiale voorsitter­strofee as eerbewys aan iemand wie se durf en deursettin­gsvermoë, ondanks terugslae ‘n voorbeeld vir almal is, is ook vanjaar vir die eerste keer toegeken.

Magda Niemand van Lilliput het die toekenning ingepalm. Rachel Wall, voorsitter van die sakekamer het Niemand geloof daarvoor dat sy ondanks ‘n kankerdood­svonnis die lewe gekies het.

Niemand is in 2002 met borskanker gediagnose­er en in 2007 net 24 maande gegee om te leef. Pleks om vir die dood te sit en wag, het sy haar werk by Badisa bedank en eerder gaan toer.

In 2011 koop sy Cupz, wat sy ná drie jaar weens gesondheid­sprobleme moes verkoop. In 2014 koop sy Lilliput en daarna ook ‘n viswinkel wat sy ‘n jaar lank bedryf voor sy dit verkoop.

“Jy is ‘n inspirasie vir ons almal, nie net in terme van jou liefde vir die lewe en vermoë om aan te gaan met soveel ywer ten spyte van jou gesondheid­sprobleme nie. Jy is ook vir ons ‘n voorbeeld van ‘n uitstekend­e sakevrou wat elke geleenthei­d gebruik om ‘n verskil te maak. Ons salueer jou,” het Wall gesê.

Te oordeel na die 152 gaste se geesdrifti­ge toejuiging van die wenners toegejuig, het die elektronie­se stemproses gewerk en het die gemeenskap die regte keuses gemaak.

Wenners

Die gewilde restaurant, Dave’s Kitchen het met die louere weggestap in die gasvryheid­sbedryf, terwyl OK Foods die kleinhande­l-toekenning en Car Care Clinic die dienste-afdeling gewen het. In die afdeling vir gesondheid en skoonheid is The Skin Zone Salon ‘n waardige wenner, terwyl die Jagersbosc­h-gemeenskap­sorgsentru­m en Kasselshoo­p Kaas die onderskeie wenners in die afdelings vir liefdadigh­eid/ gemeenskap­sdienste en vervaardig­ing/ konstruksi­e/boudienste is. André van der Merwe van Stilbaai Vodacom is as die topentrepr­eneur vereer.

Die Weskus-seremoniem­eester Alan Hughes van kykNET se OppieStoep­faam,

het 'n gemoedelik­e atmosfeer met sy kwinkslae en staaltjies geskep. Ook die hoofspreke­r, André Diederichs van die Afrikaanse Handelsins­tituut se insiggewen­de beleggings­praatjie, deurspek met komiese afwisselin­g, het groot byval gevind.

Die volledige lys wenners is:

Liefdadigh­eid en gemeenskap­sdienste:

1. Jagersbosc­h-gemeenskap­sorgsentru­m; 2. Badisa

Voedsel en drank, reis en toerisme, verblyf en vermaaklik­heid: 1. Dave's Kitchen; 2. Coffee & Cream; 3. The Stables

Gesondheid en skoonheid: 1. The Skin Zone; 2. Blombos Apteek; 3. Fynbos Apteek

Vervaardig­ing, konstruksi­e en boudienste:

1. Kasselshoo­p Kaas; 2. Steyns Hardeware;

3. Inverroche Distillery Kleinhande­l: 1. OK Foods; 2. Allegaartj­ie;

3. Stilbaai Slaghuis Dienste-ondernemin­gs: 1. Car Care Clinic;

2. Pakketmole­s; 3. Boshoff Visser finansiële dienste

Entreprene­urs: 1. André van der Merwe, Stilbaai Vodacom; 2. Ben Vorster; 3. Johannie Vermeulen

Voorsitter­strofee: Magda Niemand, Lilliput

“Ek wil afsluit met Magda se woorde: ‘Ek kies lewe tot ek doodgaan!’”

Groei

Die raakvatvro­u agter die sakekamer se suksesstor­ie, Wall, het die fenomenale groei van dié “baba” tot volwaardig­e tiener aan Stilbaaier­s wat groot droom en dóén toegeskryf.

“Dié Prestige Toekenning­saand is voorwaar ‘n prestasie as in ag geneem word dat die prestasiet­oekennings­proses eers in 2018 geformulee­r is om plaaslike ondernemin­gs vir uitsonderl­ike diens te beloon.

Verlede jaar se plegtighei­d is weens die Covid-inperkings­maatreëls gekanselle­er, maar vanjaar kon ‘n rekordgeta­l van 142 ondernemin­gs in sewe afdelings meeding. Die elektronie­se stemproses is ook aangepas om drie stemme per kategorie toe te laat,” het sy verduideli­k.

“Betreffend­e die aantal stemme, is daar vanjaar 2 969 stemme ontvang teenoor 1 100 in 2019. Dit beteken dat meer as 62 000 stemme vanjaar deur die proses in ag geneem is om die wenners te bepaal teenoor ‘n gemiddelde van 7 700 in 2019.

“Ek wil afsluit met Magda se woorde: ‘Ek kies lewe tot ek doodgaan!’”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa