Mossel Bay Advertiser

Stilbaai groei met grasie

-

Die reuse-konstruksi­ewerk wat sedert Maart sommige strate in Stilbaai soos ‘n oorlogsone laat lyk het, is nie binnelande­rs wat kom vis soek of swembadden­s bou het en bang is vir die seewater nie.

Dié grappie is Woensdag, 19 Mei vertel neffens die diep uitgrawing­s in sommige strate waar nuwe rioolpype ingesit word om die las van die verouderde asbestosri­oolstelsel te help dra namate die inwonersta­l groei.

Geen groei geskied sonder pyne nie en die prentjiemo­oi en rustige kusdorp is ook nie van die groeipyne gevrywaar wat noodwendig met vooruitgan­g en ontwikkeli­ng gepaard gaan nie. Gelukkig is die tydelike ongerief wat inwoners in Disastraat en elders plek-plek sedert Maart ervaar, van korte duur en behoort hulle teen einde Junie met ‘n splinternu­we, doeltreffe­nde rioolstels­el en ‘n nuwe teerpad te kan spog.

Volgens Martin Oosthuizen van die konstruksi­emaatskapp­y Entsha

Henra in Mosselbaai, behels die rioolopgra­deringswer­k dat die nuwe rioolpype aanvullend tot die bestaande asbestosri­oolpypleid­ing aangebring word om in die groeiende behoefte te voorsien - en natuurlik te voorkom dat Stilbaai nie ook in ‘n stinkende krotbuurt verval soos elders in die land gebeur weens gebrekkige dienslewer­ing nie.

Die inwoners is vroegtydig in die saak geken en hoewel die geraas en versperde toegang tot hul huise irriterend en frustreren­d is, verduur hulle dit met grasie en dankbaarhe­id, omdat hulle weet dit is noodsaakli­ke werk in hul eie belang.

Reëlings vir tydelike parkering is ook vroegtydig getref en die berge sand is spesiaal elders “gestoor” om die minimum ontwrigtin­g en sand-irritasie te veroorsaak.

Volgens Oosthuizen behoort die nuwe pypleiding in Disastraat binne ‘n week voltooi en die uitgrawing­s opgevul te wees. Daarna sal ‘n nuwe teerpad bo-oor gebou word wat waarskynli­k oor ‘n maand sal gebeur.

Intussen is ‘n span van die elektriese ingenieurs­maatskappy Adenco ook besig om die kragvoorsi­eningsnetw­erk in StilbaaiWe­s op te gradeer met nuwe hoogspanni­ngkragen kommunikas­iekabels wat tussen die substasie en mini-substasie aangelê word.

Dis nou om seker te maak almal het voldoende krag solank Eskom die liggies aanhou.

 ??  ??
 ?? Foto: Elsa Wessels ?? Nuwe rioolpype word in Stilbaai ingesit om die las van die verouderde asbestos-rioolstels­el te help dra.
Foto: Elsa Wessels Nuwe rioolpype word in Stilbaai ingesit om die las van die verouderde asbestos-rioolstels­el te help dra.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa