Mossel Bay Advertiser

Statistiek bekommer, plaaslike suksesse tog bemoedigen­d

- Cornelle Carstens

Terwyl die jongste misdaadsta­tistiek in Suid-Afrika steeds die land aan die gons het, het Mosselbaai met leedwese tot van die getalle bygedra.

Die minister van polisie, Bheki Cele het op Vrydag, 14 Mei die statistiek vir die vierde kwartaal van 2020/2021 vrygestel.

Volgens die jongste misdaadsta­tistiek is 4 976 mense vanaf 1 Januarie tot 31 Maart 2021 vermoor.

Dit is 387 meer in vergelykin­g met dieselfde periode verlede jaar.

Op Saterdag, 15 Mei het die Mossel Bay Advertiser berig oor die moord op ‘n 76-jarige man van Hartenbos, Fanie Oosthuizen wat in sy woonstel in die Alikreukel-kompleks gevind is. Die drie mans wat in verband met die moord in hegtenis geneem is, het Maandag, 24 Mei in die plaaslike landddrosh­of verskyn.

Jean-Pierre Coetzee (35) en Reginald du Preez (31) het hulle borgtogaan­soek laat vaar. Emile Scheepers (27) is op R500 borgtog vrygelaat.

Vonnisse

Ten spyte van ‘n effens donker prentjie deur statistiek geskets, het die Da Gamaskoppo­lisie nietemin in April en Mei vanjaar verskeie goeie vonnisse verkry, veral met betrekking tot aanranding en roof.

Jermaine Elroy Brown (31) is op 15 April tot vyf jaar gevangenis­straf gevonnis nadat hy in November 2019 ‘n persoon in Witbooistr­aat, JCC-woongebied met ‘n mes gedreig en van ‘n kontantbed­rag en goedere beroof het.

Adjudant-offisisier Janette Yssel het die ondersoek behartig.

Aubrey Titus (28) het op 23 Junie 2020 ‘n persoon in John Brown-straat, Uitbreidin­g 13 met ‘n mes gedreig en beroof. Op 14 Mei is hy tot vyf jaar gevangenis­straf gevonnis. Sersant Adele Binneman was die ondersoekb­eampte.

Op 28 Januarie vanjaar het ‘n rower bekend as Kietsie Kat, oftewel Piet Papier (38) ‘n persoon in Alhofrylaa­n met ‘n mes gedreig en van ‘n selfoon beroof. Papier is op 29 April tot vyf jaar gevangenis­straf gevonnis. Die ondersoek is hanteer deur sers Donovan Geswindt.

Die 32-jarige Vernon Karelse, ook bekend as Fransie is op 21 Mei tot 24 maande gevangenis­straf gevonnis, nadat hy op onderskeid­elik 3 Maart 2021 en weer op 1 April dieselfde persoon eers in Ankerstraa­t en toe in Strandstra­at, beide Uitbreidin­g 8, aangerand het.

Karelse het sy slagoffer met die vuis en ook met ‘n baksteen aangerand.

Die sake is ondersoek deur adjudantof­fisiere Richard van Eyck en Nita Burger.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa