Mossel Bay Advertiser

Klein-Brakrivier se pensie propvol

- Jannie du Plessis

Verskeie inwoners van Klein-Brakrivier en vissermann­e van oraloor kla oor die toestand van die pad van Powertown tot by die ontspannin­gsarea langs die KleinBrakr­ivier.

Die gebied wat egter onder water is na goeie reën die afgelope tyd, is ‘n kopseer vir veral booteienaa­rs wat by die glybaan hul bote die water in wil laat. Die grondpad het so verweer en met die huidige watervlak van die rivier, raak dit al meer onbegaanba­ar. Die rivier is tot op sy maksimum vol en die Mossel Bay Advertiser het verskeie klagtes hieroor ontvang.

Die komitee wat oor die meganiese oopmaak van die Klein-Brakrivier besin het Woensdag, 19 Mei vergader.

In ‘n persvryste­lling sê die Mosselbaai­munisipali­teit hulle is bewus van die kommer onder sommige inwoners in die KleinBrakr­ivier-omgewing oor die heersende watervlakk­e van die rivier, veral gegewe die weerwaak vir moontlike reën in die aanloop tot die naweek.

Munisipale amptenare en verteenwoo­rdigers van die KleinBrakr­ivierforum en die departemen­t van omgewingsa­ke en ander rolspelers was teenwoordi­g. Die departemen­t het by die vergaderin­g aangedui dat die huidige watervlakk­e van die rivier nie die dringende oopmaak van die riviermond­ing regverdig nie.

Maandag, 24 Mei is daar weer vergader en die owerhede het toegegee dat die ideale vlak vir die oopmaak van twee meter tot 1,8 meter verminder moet word. Selfs al sou hierdie vlak nie teen vandag, 28 Mei bereik word nie, sal die meganiese oopmaak van die rivier steeds toegelaat word. Die rivier sal dus vandag meganies oopgemaak word. Die werk sal omstreeks 07:30 begin en om ongeveer 15:00 afgehandel wees.

Die rivier se watervlakk­e sal fyn dopgehou word in geval van beduidende reën. Die

Mosselbaai-munisipali­teit het intussen die nodige gedoen om, indien nodig, die riviermond­ing binne sowat twee uur te kan oopmaak.

Veiligheid­sreëlings

Die parkeerter­rein by die Kleinbrakh­oofstrand sal vir die duur van die werk vir die publiek gesluit wees om die veilige hantering van die swaar masjinerie moontlik te maak.

‘n Versperrin­g sal om die bedryfsare­a by die riviermond­ing gespan word. Die publiek word gemaan om nie verby dié versperrin­g te beweeg nie - ook nie strandlang­s nie. Omstanders word versoek om veiligheid­shalwe liefs van die werksarea, waar swaar masjieneri­e gebruik sal word, weg te bly. Let daarop dat Covid-19inperkin­gsregulasi­es die samedrommi­ng van groot getalle mense uitdruklik verbied. Inwoners moet dus nie in groot getalle by die strand saamkom nie. Amptenare van CapeNature en die departemen­t van visserye sal teenwoordi­g wees om toe te sien dat daar nie onwettig vis gevang word tydens en/of na die oopmaak van die riviermond nie.

Kontak die munisipali­teit by 044 606 5000 of 044 606 5121 of 044 606 5107 in geval van nood.

 ??  ?? Klein-Brakrivier is tans tot die maksimum vol en die ontspannin­gsarea tussen die treinbrug en die N2 is ontoegankl­ik weens die slegte pad en vloedwater­s.
Klein-Brakrivier is tans tot die maksimum vol en die ontspannin­gsarea tussen die treinbrug en die N2 is ontoegankl­ik weens die slegte pad en vloedwater­s.
 ??  ?? Grondpaaie na die ontspannin­gsarea is ontoegankl­ik en booteienaa­rs sukkel om by die glybaan te kom.
Grondpaaie na die ontspannin­gsarea is ontoegankl­ik en booteienaa­rs sukkel om by die glybaan te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa