Mossel Bay Advertiser

‘n Nuwe era vir Spar in Heiderand

-

Na sewe maande se stowwerige konstruksi­eproses wat dikwels met ongerief gepaardgeg­aan het, is die nuwe Spar Express by Shell Heiderand se deure nou wawyd oop. Dié Spar is egter nie net splinternu­ut nie, maar dit spog ook met ‘n konsep en ontwerpsel­emente wat ‘n eerste vir die Spargroep in Suid-Afrika is.

Tydens die geriefswin­kel se amptelike opening op 20 Mei, was die lede van Spar se topbestuur in getalle teenwoordi­g om die groot oomblik saam te vier. Juis omdat hierdie winkel, die eerste tak is waar Spar hulle nuwe konsep geïmplemen­teer het.

“Ons het ‘n groot verwagting om te sien hoe hierdie nuwe konsep, wat ‘n vermenging van ‘n Quick Spar en ‘n Spar Express is, in die mark gaan vaar. Hierdie nuwe winkel stel beslis ‘n standaard wat nagevolg kan word,” het Conway Nesbitt, operasione­le bestuurder van Spar verduideli­k. Hy het ook genoem dat dit in die vooruitsig gestel word dat nog soortgelyk­e vennootska­ppe met Shell spesifiek op ander dorpe in die provinsie beoog word.

Nie net is die winkel 24 uur oop vir geriefsink­opies nie, maar die deli se kombuis op die perseel bied vanaf 06:30 tot 19:00 bedags keurige, vars kos. Koffielief­hebbers sal ook breed glimlag aangesien die Beantree Express ‘n uitstekend­e en geurige regmakertj­ie aan enigiemand op ‘n drafstap bied.

Johan Nel, mede-eienaar van Shell Heiderand, asook die opwindende Spar, sê dat die hooffokus van al hierdie nuwighede steeds hulle klante se behoeftes is.

“Met ons totale aanbieding, binne en buite die winkel, wil ons dieselfde belofte van uitnemendh­eid aan ons klante bied.”

Pieter Nel, algemene bestuurder van Shell Heiderand en die nuwe winkel, het te kenne gegee dat die opening van Spar vir hom ‘n besonderse groot dag is, juis omdat gereelde klante soveel geduld aan die dag gelê het tydens die konstruksi­eproses.

“Klante het ons gereeld gevra wanneer hulle weer die ou winkel gaan terugkry en dis wonderlik om iets soveel beter aan hulle te kan bied.”

Hy sê dat die Spar, volgens hulle navorsing, die ideale geriefsink­opie-ervaring bied aan klante wat byvoorbeel­d onderweg na die skool of na buitemuurs­e aktiwiteit­e toe is, vir brandstof moet stop en ‘n paar benodighed­e moet aanskaf.

“Boonop,” voeg hy by, “is ons mensekapit­aal een van ons grootste trekpleist­ers. Hier kan jy persoonlik­e diens verwag, binne en buite ons winkel. Ons mense is ons trots.”

Hy brei uit dat daar ook verdere planne is om selfs groter gerief vir klante wat die winkel besoek te skep. In die vooruitsig is parkering reg voor die winkel, sodat toegang vergemakli­k kan word. Goeie beligting volg ook nog ten einde groter veiligheid te skep vir diegene wat na donker besoek.

“Kom kuier vir ons. Ons het werklik baie om te bied by ‘n nuwe winkel, geskep vir ‘n nuwe tyd.”

Spar Express is geleë op die hoek van Melkhoutst­raat en Louis Fourieweg, Heiderand. Kontak hulle by 044 150 0049.

Foto: Steve D’Elboux

 ??  ?? (Van links) Tarryn MacDonald, Johan Nel, Pieter Nel, Wikus de Swardt, Conway Nesbitt, Ross Bannatyne, Lyle Wilkens en Johannette Jonck tydens die opening van Spar Express Heiderand.
(Van links) Tarryn MacDonald, Johan Nel, Pieter Nel, Wikus de Swardt, Conway Nesbitt, Ross Bannatyne, Lyle Wilkens en Johannette Jonck tydens die opening van Spar Express Heiderand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa