Mossel Bay Advertiser

Groot Brakkers gerusgeste­l

- Cornelle Carstens

Die Greenhaven-sakeforum het verlede week hulle stem dik gemaak tydens samespreki­ngs met die Mosselbaai­munisipali­teit omdat die groep, as segsmanne vir die breër gemeenskap beweer dat hulle oor die hoof gesien word wat werksgelee­nthede betref. Dit hou spesifiek verband met konstruksi­eprojekte, soos onder meer die skep van die nuwe sokkerfasi­liteit op Groot-Brakrivier wat reeds ‘n aanvang geneem het.

Die forum het Vrydag, 21 Mei met amptenary, kontrakteu­rs en senior munisipale bestuur insluitend Elize Nel, direkteur van gemeenskap­sdienste asook die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal op Groot Brak vergader.

Van die groep se griewe het ingesluit dat hulle die sokkerfasi­liteit as “derderangs” beskou, dat hulle aan die kortste ent trek wanneer dit kom by ekonomiese bemagtigin­g deur middel van werksgelee­nthede as subkontrak­teurs en dat daar te min met die gemeenskap gekonsulte­er word oor sake wat hulle direk raak.

Barry Jacobs, die voorsitter van die forum het dit duidelik tydens samespreki­ngs gemaak, dat die forum gestig is om ‘n mondstuk vir die gemeenskap te wees wat oop kommunikas­ie met ander partye soos die munisipali­teit, wil bewerkstel­lig.

Kommentaar

Na die samespreki­ngs, het die munisipali­teit in hulle amptelike terugvoeri­ng gesê dat twee van die persone betrokke by die vergaderin­g, reeds as subkontrak­teurs in die Wolwedanss­okkerproje­k aangestel is. Hulle kontrakte word tans gefinalise­er.

Nog van die forum se griewe, is dat daar nie tydens konstruksi­eprojekte genoeg plaaslike subkontrak­teurs aangestel word nie. Die munisipali­teit sê egter dat, volgens die tenderspes­ifikasies, moet 10% aan plaaslike arbeid en/of subkontrak­teurs gaan, maar dat die kontrakteu­r tydens die sokkerproj­ek heelwat meer as dit gaan doen.

Die forum se bewering dat die projek nie op standaard is nie, rus daarop dat byvoorbeel­d geen voorsienin­g vir ‘n pawiljoen gemaak is nie en dat die toegangspa­d ‘n gruispad gaan wees. Daar is ook nie beligting nie.

Die munisipali­teit het tydens die vergaderin­g die provinsie se standaarde verduideli­k en wat sodanig as kernnoodsa­aklikhede beskou word. Pawiljoene, ligte en ‘n teer- of plaveiselp­ad is nie kern tot die projek nie en selfs ‘n omheining word nie as kernbelang­rik gereken nie.

Die munisipali­teit het egter met provinsie onderhande­l en gevolglik sal die perseel wel omhein word, ten spyte daarvan dat slegs die helfte van die R15 miljoen waarvoor aansoek gedoen is, toegestaan is.

Hoewel die raad R1,9 miljoen tot die sokkerveld­ontwikkeli­ng bydra, is dit steeds te min om ‘n pawiljoen, ligte of geplaveide of teerpad te voorsien. Die kleedkamer­s is egter so ontwerp dat ‘n pawiljoen mettertyd opgerig kan word. Die kleedkamer­s sal ook, na onderhande­ling met die provinsial­e regering, ingerig word op dieselfde standaard as die fasiliteit­e by die sportvelde in Uitbreidin­g 23.

‘Ontmoet mekaar’

Tydens sy toetrede tot die gesprek het raadsheer Levendal ‘n pleidooi gelewer dat “menslike kapitaal” altyd in oorweging gebring moet word om die “wrywing uit projekte te haal”.

“Ek wil nie inmeng met ‘n kontrak wat reeds aan die gang is nie, maar ek gaan vra, kom ons ontmoet mekaar? As iets in jou plek gedoen word, wil jy trots wees daarop. En jy kan net daarop trots wees, as jy deel daaraan het.”

Hy het die forum ook die versekerin­g gegee dat baie van hulle vrese ongegrond is. Daar is reeds sedert 2006 aansoeke ingedien vir die sokkerproj­ek en verdere aansoeke vir befondsing sal volg.

Calling all models and would-be models. Entries have opened for the Crawlers and Crowns Once Upon a Time Eden SA Top Model Competitio­n.

There are various age categories for girls and women and for boys and men.

There are a number of awards and prizes to be won. The closing date for entries is 5 July and the competitio­n will be held at the Diaz Hotel in Mossel Bay on 10 July.

To find out more and to enter, call

081 869 6090.

If you enter this competitio­n you stand a chance to win a free entry into the Top Model SA (Opulent Models) Competitio­n.

 ??  ?? Lede van die Greenhaven-sakeforum na hulle gesprek met kontrakteu­rs, amptenary, asook senior munisipale bestuur, insluitend die uitvoerend burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal (tweede van regs, voor).
Lede van die Greenhaven-sakeforum na hulle gesprek met kontrakteu­rs, amptenary, asook senior munisipale bestuur, insluitend die uitvoerend burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal (tweede van regs, voor).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa