Mossel Bay Advertiser

Amigos wys durf

- Jannie du Plessis

Die drietal, Pieter Koekemoer, Carl de Campos en Sean Snyman het Dinsdag, 25 Mei vertrek op die The Three Amigos Mossel Bay to George Relay oor 'n aftand van 55km. Die geleenthei­d het op Afrikadag, 25 Mei plaasgevin­d. Luther van der Mescht van Monties Cycle and Sports het Koekemoer vergesel vir morele ondersteun­ing en het ook aan die drie glimbande vir hul veiligheid geskenk.

Die aflos het net na 07:00 by Mosselbaai­toerismeka­ntoor weggesprin­g. Koekemoer, 'n oud-driekampat­leet het daarvandaa­n met ‘n prosteties­e been 25km per fiets tot in Groot-Brakrivier gery waar De Campos teen 08:30 oorgeneem het.

De Campos, wat siggestrem­d is, word gelei deur 'n helper en het plek-plek gebruik gemaak van die ondersteun­ingsvoertu­ig as gids met sy een hand op 'n gedeelte van die voertuig. Naby die George-lughawe het Snyman die laaste skof aangedurf tot by Eenheidspa­rk in George se stadskern. Snyman se regterarm is verlam na 'n bo-armslagaar­besering.

Koekemoer het na die aflos aan Mossel Bay Advertiser gesê hulle is moeg, maar tevrede dat hulle die afstand suksesvol afgelê het.

"Ons wil graag met die volgende aflos so veel as moontlik gestremdes saam met die drie Amigos laat deelneem."

Hulle hoop om bewusmakin­g vir gestremde atlete te skep, maar ook om George en Mosselbaai te vestig as die voorkeur bestemming vir mense met gestremdhe­de. Hulle samel fondse in vir twee strandrols­toele. Die plan is om R120 000 in totaal in te samel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa