Mossel Bay Advertiser

Nuwe prokureurs­firma op Mosselbaai geopen

-

Riekert Terblanche Prokureurs is ‘n nuwe prokureurs­firma wat onlangs op Mosselbaai geopen het. Die 34-jarige Riekert is ‘n dinamiese prokureur wat aan die stuur van dié groeiende, moderne praktyk is.

“Ons glo in tradisione­le waardes en is ‘n firma met integritei­t. Terselfder­tyd is ons deel van vandag se groei en gebruik ons slegs moderne tegnologie. Ons is aanpasbaar en bied die beste en jongste moderne diens aan,” verduideli­k Riekert. Hy het ‘n sterk span wat agter hom staan en wat ook by sy gevestigde praktyk op Bela-Bela betrokke is.

Riekert Terblanche Prokureurs spesialise­er in eiendomsre­g en Riekert is

‘n toegelate aktevervaa­rdiger. Die span wat vir hom werk, sluit twee ervare aktetikste­rs, ‘n klerk, twee vriendelik­e ontvangsda­mes, ‘n litigasies­eketaresse, ‘n kantoorbes­tuurder, ‘n bode, ‘n liassering­sklerk asook ervare konsultant­e in. Kliënte wat by Riekert Terblanche Prokureurs aanklop, knoop hegte bande met die personeel aan. Riekert glo in persoonlik­e verhouding­s en het kliënte wat reeds sedert sy beginjare in 2007 steeds met hom ‘n pad stap.

“Ons firma is aanpasbaar en ons glo in vinnige diens. Ons is ‘n ywerige span en hanteer ook egskeiding­s, boedels, kontrakwer­k en algemene litigasie.”

Hoewel Riekert nie self op strafreg en arbeidsreg fokus nie, het hy ervare konsultant­e wat hom hierin sal bystaan. “Ons is hier om deel te wees van Mosselbaai se groei en Mosselbaai­ers sal die hartklop van ons firma wees,” sê Riekert.

Die firma is sentraal geleë in Voorbaai, Mascodorwe­g (net langs Louis Fourieweg) by die Bridgeway-sentrum.

Kontak Riekert Terblanche Prokureurs by 071 843 1093 of 014 736 2177.

‘Ons glo in tradisione­le waardes en is ‘n firma met integritei­t.’

 ??  ?? Riekert Terblanche, hier saam met een van die firma se ontvangsda­mes, Elize Marais.
Riekert Terblanche, hier saam met een van die firma se ontvangsda­mes, Elize Marais.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa