Mossel Bay Advertiser

Kunstefees herleef weer

- Clive Pretorius

Heidelberg se jaarlikse jeugfees, die Proe Bietjie Jeugkunste­fees het weer vanjaar die lig gesien na dit verlede jaar deur die Covid19-pandemie gekortwiek was.

Die fees het in 2015 onder leiding van Annelene Hartnick, voormalige onderwyser en wyksraadsl­id as hoof organiseer­der afgeskop.

Ten spyte daarvan dat die fees aan streng Covid-19regulasi­es moes voldoen, was dit ’n reusesukse­s omdat nuwe talent ontdek is. Dít, volgens Hartnick wat ook aangedui het dat dit haar laaste jaar van voorvat vir die fees is, was vir haar ’n riem onder die hart om die nuwe talente te sien ontluik.

Die groot bonus egter vir feesganger­s wat dit Saterdag, 15 Mei kom ondersteun het, was die optrede van Reagan Baadjies, oftewel “Reggie B met ’n Kolletjie i” van Rawsonvill­e. Reggie B het bekendheid met sy indrukwekk­ende rymkletser­y verwerf tydens die 2020 Maak my Famouskomp­etisie. Robyn September, wat ook al bekendheid met haar dramavernu­f tydens haar skoolloopb­aan by Kairos Senior Sekondêre Skool verwerf het, het ook haar verskyning gemaak. Sy was al ’n paar keer as gasakteur in verskeie sepies op televisie te sien.

Die veteraan akteur, Abdurugman Adams, Matthew Cooper en Ryan Brown het ook dans-en drama werkswinke­ls vir jeuglede vanoor die hele Hessequa-streek by Kairos aangebied.

Die jaar was die feesganger­s met tradisione­le rieldans deur die Net vir Pretrielda­nsers, onder leiding van Peter Takelo van Barrydale getrakteer. Die Kairosdans­groep, onder leiding van Connie September het ook hul dansvernuf ten toon gestel.

Op die dramafront het die Kairosdram­agroep, onder leiding van Willie Michaels, asook Stephren Saayman en sy toneelgese­lskap weer eens hul uitsonderl­ike talente demonstree­r met hul produksies, As die kind se lag verdwyn en Ek, Eva.

September het in laasgenoem­de produksie weer haar besonderse talent ten toon gestel.

Hartnick het haar dank aan almal wat deel uitgemaak het aan die fees se sukses, of dit finansieel, deelname of net bywoning was, uitgespree­k.

“’ n Spesiale dank aan Hesse qua munisipali­teite n Hesse qua Explorers Garden Route vir hul finansiële bydrae, asook die twee besighede wat vir akkomodasi­e en verversing­s gesorg het. Ons het nie baie geld gemaak nie, maar ons het ons doel bereik om die kunste te ontsluit. Dit is ons leuse, Unlocking The Arts.”

 ?? Photo gallery/Fotogalery www.suidkaapfo­rum.com Foto: Clive Pretorius ?? William Michaels, Jozua Swartz en Lorenz Gordon luister lag-lag na wat Marlon Davids met hulle deel tydens hul aanbieding van As die kind se lag verdwyn.
Photo gallery/Fotogalery www.suidkaapfo­rum.com Foto: Clive Pretorius William Michaels, Jozua Swartz en Lorenz Gordon luister lag-lag na wat Marlon Davids met hulle deel tydens hul aanbieding van As die kind se lag verdwyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa