Mossel Bay Advertiser

HOFVERSKYN­INGS/UITSPRAKE: HEIDELBERG

- Clive Pretorius

Saak weer uitgestel

Die saak teen die vyf persone, waaronder vier mans en ‘n vrou, van Slangrivie­r is Dinsdag, 11 Mei in die plaaslike hof tot Maandag, 7 Junie vir verhoor uitgestel.

Die vyf het weer vlugtig op verskeie aanklagte, waaronder aanranding met die opset om ernstig te beseer verskyn.

Deorin Hoogbaard (32), sy pa Desmond Hoogbaard (57), Godfrey Hoogbaard (31), Gertuan Hoogbaard (41) en Memicka van Niekerk (31) het na bewering vir Eric Pieters (64) buite sy huis op sy erf aangerand en groot skade aan die huis aangerig.

Pieters is vermoedeli­k deur ’n groot klip of baksteen op die oog getref toe die groep hom aangeval het.

Hy het as gevolg van die aanval op hom sy regteroog verloor.

Die voorval het op 6 Februarie plaasgevin­d.

Man gestraf vir skel

Stanver Kellies (37) is Maandag, 17 Mei skuldig bevind op aanklag van crimen

injuria. Hy het die k-woord teenoor ‘n plaaslike polisielid in November verlede jaar gebruik.

Kellies is met R5 000 of drie jaar gevangenis­straf gevonnis, waarvan R4 000 en/of twee jaar opgeskort is vir vyf jaar dat hy nie weer skuldig bevind word vir dieselfde misdaad nie. Indien hy nie die boete (R1 000) betaal nie, tree die tronkstraf in werking.

Borgtog geweier

Die man wat vroeër die maand met sy meisie se babaseun vir twee dae vermis was na hy gedreig het om homself te hang, het weer Dinsdag, 18 Mei vlugtig in die plaaslike landdrosho­f verskyn om aansoek om borgtog te doen.

Elseno Oktober (30) wat Woensdag, 5 Mei in die vroeë oggendure in sy sinkhuis met die babaseun aangetref is, se borgtogaan­soek is geweier. Die saak is tot 29 Junie vir verhoor uitgestel. Hy bly in hegtenis tot sy volgende verskyning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa