Mossel Bay Advertiser

Groot dank aan almal vir bydrae tot die sukses van die naweek se Daytona

-

Dirk Kotzé, uitvoerend­e onderburge­meester, Mosselbaai:

Mosselbaai-munisipali­teit bedank almal wat ‘n bydrae tot die sukses van die naweek se Justworx Daytona-middedorpt­ydren gemaak het.

Die plaaslike organiseer­der, nasionale organiseer­der en die eienaars en renjaers van die hoë verrigting motors het Mosselbaai bo talle ander dorpe gekies vir die geleenthei­d van die jaar en verdien ons dank vir die uitsonderl­ike vertoning van brute krag en vernuf.

Verskeie Mosselbaai­ers het hul harte en beursies oopgemaak en verdien ons opregte waardering: die beskikbaar­stelling van die 184 strooibale, asook die regskuif en vervoer daarvan en dan ook die skoonvee van die strate.

Mosselbaai-munisipali­teit se verkeer s personeel verdien‘ n besondere dankie - sonder hul bydrae sou die byeenkoms nooit geslaagd gewees het nie.

Speaker, raadsheer Petru Terblanche het die organiseri­ng en fasiliteri­ng van die beveiligin­g van die renbaan op hom geneem en verdien ons opregte dank.

Verskeie personeel het tyd en kundigheid bygedra om ‘n sukses van die Daytona te maak. Oudergewoo­nte was Joubert Coetzee se kundigheid betreffend­e groot openbare byeenkomst­e onontbeerl­ik en deurslagge­wend.

Veiligheid was van kernbelang en die plaaslike SA Polisieled­e, buurtwagle­de en andere wat die organiseer­ders bygestaan het, asook die helikopter wat vir veiligheid­sredes beskikbaar gestel is, verdien alle lof.

Belangriks­te is egter die dankie aan ons gemeenskap - dankie aan diegene wat in die geaffektee­rde area woon en werk wat goedhartig ingestem het om ‘n dag in hul lewens op te offer sodat die groter Mosselbaai by die bemarkings­waarde van die Daytona kon baat. Dankie aan besigheid s eienaars wat‘ n geleenthei­d omarm het. Dankie aan elke inwoner wat toegelaat het dat die gebrul van enjins ‘n paar uur deur die stil strate van ons mooi dorp kon weerklink.

Dankie vir die lekker gees waarin die tydren plaasgevin­d het, vir die mense wat gebraai en die renjaers aangemoedi­g het, toeskouers wat geduldig gewag het vir die welwillend­heid s ritte om klaarte maak alvorens die groot gejaag kon begin.

Dankie vir elke inwoner en besoeker wat bygedra het tot die sukses van Daytona 2021.

Hopelik maak ons weer so.

 ?? Foto: Steve D’Elboux ?? Veiligheid was van kernbelang en die plaaslike SA Polisieled­e, buurtwagle­de en andere wat die organiseer­ders bygestaan het, asook die helikopter wat vir veiligheid­sredes beskikbaar gestel is, verdien alle lof.
Foto: Steve D’Elboux Veiligheid was van kernbelang en die plaaslike SA Polisieled­e, buurtwagle­de en andere wat die organiseer­ders bygestaan het, asook die helikopter wat vir veiligheid­sredes beskikbaar gestel is, verdien alle lof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa