Mossel Bay Advertiser

Melkies-leerders op Baxter se planke

-

Gedurende September verlede jaar het Melkhoutfo­ntein Primêre Skool ‘n boodskappi­e van Rainbow Exchange in Kaapstad ontvang dat daar na ‘n paar kinders gesoek word om in ‘n opvoering op te tree.

Die stuk se naam is As Die See Byt en is deur Christo Davids van 7de Laanfaam geskryf. Dit handel oor ‘n groepie vissermann­e wat hulle verhaaltji­es vertel. Die hele proses is deur Rainbow Exchange, in samewerkin­g met die Universite­it van Kaapstad gedryf.

In November is die stuk in die Melkhoutfo­ntein-gemeenskap­saal opgevoer. En in Maart vanjaar het hulle die wonderlike nuus gekry dat hulle in die Baxter Teater in Kaapstad gaan optree waar ‘n DVD gemaak gaan word.

Hulle het dadelik aan die werk gespring en op hul eie by die skool begin oefen, onder die wakende oog van Tertia Jansen, ‘n onderwyser by die skool.

Vanaf 28 April tot 2 Mei was die hele groep in die Kaap bymekaar en het elke uitputtend­e dag van 09:00 tot 17:00 geoefen. Die DVD word nou eers in die vissersdor­pies vertoon, waarna dit te koop aangebied sal word.

“Die wonderlike uitvloeise­l van hierdie DVD is dat toe Abduragmaa­n Adams ‘n werkswinke­l in Heidelberg aanbied, het baie kinders wat nooit in drama belanggest­el het nie, dit bygewoon,” het Jansen gesê.

Dit wys ook, volgens haar, dat daar wel geleenthei­d vir kinders uit klein platteland­se gemeenskap­pe is om hulle merk op die groot verhoog te maak. – Johan Victor

 ??  ?? TANKWA TRAIL RUN: Michiel Herholdt, ‘n graad 11-leerder het onlangs dié wedren oor 45km naby Ceres voltooi. Dit bestaan uit ‘n 5km nagskof en skofte van onderskeid­elik 20km en 19km oor twee dae. Hy was die vierde junior oor die wenstreep en het algeheel 45ste uit 260 deelnemers gekom.
TANKWA TRAIL RUN: Michiel Herholdt, ‘n graad 11-leerder het onlangs dié wedren oor 45km naby Ceres voltooi. Dit bestaan uit ‘n 5km nagskof en skofte van onderskeid­elik 20km en 19km oor twee dae. Hy was die vierde junior oor die wenstreep en het algeheel 45ste uit 260 deelnemers gekom.
 ??  ?? Die akteurs in die opvoering. Voor: Patrick Michaels. Eerste ry, van links: Tavia Michaels, Alicia de Kock, Tameron Jansen, Marcelee Julies, Tamsyn Joseph, Haylene Hardnick en Vrede Michaels. Tweede ry: Ju-Nathan Busch, Lynelle Kenned, Tertia Jansen, Brendon Daniels en Abduragmaa­n Adams. Derde ry: Danica Saayman en Christel Conradie. Agter: Owen Appels.
Die akteurs in die opvoering. Voor: Patrick Michaels. Eerste ry, van links: Tavia Michaels, Alicia de Kock, Tameron Jansen, Marcelee Julies, Tamsyn Joseph, Haylene Hardnick en Vrede Michaels. Tweede ry: Ju-Nathan Busch, Lynelle Kenned, Tertia Jansen, Brendon Daniels en Abduragmaa­n Adams. Derde ry: Danica Saayman en Christel Conradie. Agter: Owen Appels.
 ??  ?? Tertia Jansen met die leerders in die Baxter Teater.
Tertia Jansen met die leerders in die Baxter Teater.
 ??  ?? Anja Joubert
Anja Joubert
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa