Mossel Bay Advertiser

Barry Tooth teken ’n uitstekend­e telling aan

-

Die Denzil Kleu Eiendomme-gholfdag wat op Woensdag, 19 Mei by die Mosselbaai-gholfklub aangebied is, is deur 144 spelers ondersteun. Die individuel­e stableford­kompetisie is deur Kelly Muller (voorgee 12) op ‘n uitstekend­e telling van 40 punte gewen. Drie spelers het hard in sy nek geblaas en op 39 punte het Tjoepie Pretorius (voorgee 13) die uittel teen Colin Bock (voorgee 12) en Vic Moll (voorgee 23) gewen. Wihan Nortjé (voorgee 12) se 38 punte het hom in die vyfde plek laat eindig. As ons na die laaste 20 individuel­e kompetisie­s kyk, is dit opmerklik dat die gemiddelde voorgeë wat in die eerste vyf plekke eindig se voorgeë as volg is: 1ste 12.8; 2de 12.2; 3de 14.5; 4de 12.9 en 5de 14.1.

Saterdag

Die beterbal houespelko­mpetisie op Saterdag, 22 Mei het kookwaterg­holf opgelewer. Barry Tooth wat vanaf ‘n voorgee van 5 speel het 77 houe geneem om sy ronde te voltooi en sy maat, Russell Hendry (voorgee 9), het hom uitstekend ondersteun. Hulle wen die kompetisie op ‘n uitmuntend­e 63 houe.

Chris Brits, ‘n speler wat ons middae gereeld op die oefenbof sien, se harde werk begin vrugte afwerp. Hy en David Wandrag se gedugte kombinasie het gesorg dat hulle en 64 houe as gewilde naaswenner­s uit die stryd getree het. Die pa-en-seun-kombinasie van Rouxwy en Wessel van Wyk het ook hulle stemme dik gemaak en op 65 houe het die derde plek aan hulle behoort. Die altyd vriendelik­e en entoesiast­iese Michael Kriel en Anthony Evertse het op 66 houe die vierde plek voor Hilton en Jodie Duminy weggeraap.

Die Winter-uitklopkom­petisie se eerste afsnydatum kom vinnig nader.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa