Mossel Bay Advertiser

Van Druten hengel weer eens Protea-kleure los

-

Emile van Druten, ‘n plaaslike hengelaar met diep wortels in Gouritsmon­d het tydens die 2021 nasionale kuns aas hengel kampioensk­ap op Loskop dam in Mpumalanga vir die 13de keer vir Proteakleu­re gekwalifis­eer.

Van Druten het die Kaapse Wynland by die kampioensk­ap verteenwoo­rdig en behaal ‘n algehele sesde plek as individu. Hy word dan ook in die nasionale spanne ingesluit wat moontlik later die jaar in Zimbabwe aand ‘n zone 6- kompetisie gaan deelneem, asook in 2022 by die Wêreld Spele in Amerika. Die nasionale kuns aas-hengel kampioensk­ap is deur SAALAA (South African Artlure Angling Associatio­n) aangebied. Dit is ‘n jaarlikse interprovi­nsiale kompetisie waar provinsies op verskillen­de damme en/of riviere mekaar die stryd aansê. Dit was al vele kere ook op plaaslike waters, soos die Breederivi­er in Witsand aangebied. Ander damme en riviere soos die Misverstan­ddam, Vaalrivier en Albert Falls was ook onlangs gebiede waar gehengel was.

Internasio­nale kompetisie­s sluit teen lande soos Namibië, Swaziland, Zambië, Malawië en Botswana in en die gekose Protea-hengelaars kan dan ook jaarliks aan die wêreldkamp­ioenskap op internasio­nale waters in Europa, Amerika en dele van Asië en China meeding.

Van Druten het al in meer as 10 wêreldkamp­ioenskappe gehengel en in ‘n verdere ses toetse teen Afrika-lande. Hy het as kunsaas-hengelaar lande soos Kazakstan, Noord- en Suid-Ierland, Engeland, Frankryk, Latvia, Rusland, Estonia en Ukraine besoek. Hy was ook deel van die Suid-Afrikaanse span wat in 2019 vyfde by die Wêreld Spele gekom het.

Hy skryf sy sukses in hengel toe aan sy passie daarvoor, harde werk en baie ondersteun­ing van sy familie en sy vrou.

“Hengel sluit verseker ook ‘n bietjie geluk in, maar geluk, by wyse van spreke, is daardie spesifieke oomblik waar voorbereid­ing en geleenthei­d mekaar ontmoet.”

 ??  ?? Emile van Druten is beslis ‘n hengelaar van formaat. Hy het die 13de keer vir Protea-kleure gekwalifis­eer.
Emile van Druten is beslis ‘n hengelaar van formaat. Hy het die 13de keer vir Protea-kleure gekwalifis­eer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa