Mossel Bay Advertiser

Die oog agter die kamera

-

Nie net Mosselbaai­ers nie, maar enige ander weetgierig­e wat van geskiedeni­s hou sal beslis baat vind by die nuwe YouTubekan­aal, Memorable Mossel Bay.

Die Mossel Bay Advertiser het onlangs oor die projek berig, wat deur Erfenis Mosselbaai ondersteun word.

Attie Gerber, die filmmaker het die Advertiser meer oor sy indrukwekk­ende agtergrond, voor Mosselbaai sy nuwe tuiste geword het, vertel.

Televisie

Attie Gerber is in Port Elizabeth gebore en getoë. Hy gaan studeer Kommunikas­iekunde (joernalist­iek) op Potchefstr­oom en verwerf sy meesters- en doktorsgra­ad daarin. Tot en met sy aftrede in 2018, was hy ’n professor in videografi­e en dokumentêr­e fotografie aan die departemen­t kommunikas­iestudies by die Noordwes-Universite­it se Potchefstr­oomkampus.

"Ek het in die tagtigerja­re klasgegee by die Randse Afrikaanse Universite­it en daarna as televisier­egisseur by die SAUK gewerk. Ek en ’n vriend, Danie van der Walt, het die natuurprog­ram 50/50 in 1984 begin," vertel Attie. Later was hy die bestuurder van Afrikaanse TV-joernaalpr­ogamme waaronder gunsteling­e soos 50/50, Potpourri, Uit en Tuis en Kunskaleid­oskoop geval het.

Tydens sy dosentskap op Potchefstr­oom, het hy steeds TV-vryskutwer­k gedoen. Sy studente se dokumentêr­e rolprente het verskeie toekenning­s, ook internasio­nale pryse, ingepalm.

Fotografie

Sy liefde vir dokumentêr­e fotografie het tot twee koffietafe­lboeke gelei - een oor bobbejane (Bogom en sy Engelse vertaling Baboons – Tales, Traits and Troubles) asook ’n fotoboek (Stone from Heaven) oor die Vredefortk­oepel wat gelyktydig in Afrikaans, Engels en Frans gepublisee­r is. Die Koepel is ’n wêrelderfe­nisgebied waar die grootste en oudste meteoriet op aarde geval het.

Vanaf 2007-2011, het Gerber in opdrag van die Noordwes provinsial­e regering jaarliks ’n glans fotokalend­er oor verskillen­de fasette van die Koepel gepublisee­r.

In 2006 begin hy met ’n fotoprojek begin om leefwyses wat aan die uitsterf is te dokumentee­r. Die fokusarea is die Kamiesberg­e in Namakwalan­d.

"Rondom hierdie tema het ek vyf solo fotouitsta­llings en twee groepuitst­allings gehou. Dit was onder die sambreelte­ma Vanishing Lifestyles – Verdwene Leefwyses. In 2018 is ek deur die Suid-Afrikaanse regering gevra om saam met fotograwe van die BRICSlande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) ’n uitstallin­g oor kulturele praktyke in die onderskeie lande te hou. Die uitstallin­g was in die William Humprheys Nasionale Kunsgalery in Kimberley. My eerste uitstallin­g was nietemin oor impression­istiese natuurfoto­grafie wat heelwat makrofotog­rafie ingesluit het."

Mosselbaai

Sy ervaring wend hy nou aan saam met Harry Hill en Carina Wiggill as deel van die Memorable Mossel Bay-projek. Hulle dokumentee­r kultuurhis­toriese elemente soos geboue, gebiede en praktyke.

"Ek is darem nie ’n vars inkommer op Mosselbaai nie, want my ouers het in die begin van die negentigs hierheen getrek. Ons het jaarliks hier vakansie gehou en stoere Mosselbaai­ers tel onder my familie Dit is ’n voorreg om hier te bly."

 ?? ?? Attie Gerber
Attie Gerber

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa