Mossel Bay Advertiser

Drie mans moet nog pleit

- Louise Karsten

Ry mens op die R102 van Mosselbaai na George, val die besondere mooi landskap jou op met die geil, goudgeel canolaveld­e en die blou Outeniquab­erge in die agtergrond. "Idillies" is die gedagte wat by jou opkom. Maar soos in alle dele van ons land, is landelike veiligheid nie meer 'n gegewe nie.

Die Outeniqual­andplaaswa­g is sowat twee jaar gelede begin om die groeiende misdaad in die plaasgemee­nskap aan te spreek. Binne dae het die gemeenskap genoeg geld geskenk om kameras aan te koop, te installeer en patrollies te ry. Volgens Dewald de Kock, voorsitter van die plaaswag, moet mense besef dat hulle na hul eie veiligheid moet omsien en self verantwoor­delik is om hul toekoms in die gebied te verseker. "Die area brei vinnig uit en daarmee saam kom 'n toename in misdaad."

Die plaaswag werk nóú saam met die polisie en hul tegniese toerusting help dikwels om misdadiger­s te identifise­er. Dwelmhande­l was 'n groot probleem toe die plaaswag begin is, maar is nou bykans uitgeroei in die area.

Hommeltuig

'n Hommeltuig is onlangs aangekoop en die infrarooi-tegnologie help om boosdoener­s wat in die nag onder die digte bosse wegkruip, op te spoor en aan te keer. Volgens Leon Kruger, streeksbes­tuurder van Safire Versekerin­g, wat 'n gedeelte van die hommeltuig geborg het, is mense op plase afgesonder­d en 'n sagte teiken vir misdadiger­s. "Ons moet almal saamstaan om landelike veiligheid op te skerp en gemeenskap­pe veilig te hou," sê hy.

Die Sentraal Suid-Koöperasie het fondse beskikbaar gestel om borde by elke plaas op te rig.

Dié borde dui die plaas se nommer in die distrik aan wat dit vir die polisie makliker maak om vinnig by 'n noodsituas­ie uit te kom.

Volgens 'n woordvoerd­er van SSK, Annelie van Wyk, is landelike- en plaasveili­gheid vir hulle 'n groot prioriteit.

"Ons is daarom trots op ons betrokkenh­eid by dié inisiatief van Outeniqual­and-plaaswag om ons plase en mense te beveilig."

Sowat 60 lede doen diens om ongeveer 200 plase in die gebied te patrolleer.

Drie verdagtes bly in hegtenis en verskyn weer eersdaags in die rondgaande hooggeregs­hof in Thembaleth­u, George, in verband met die moord op die 76-jarige Fanie Oosthuizen.

Oosthuizen se liggaam is op Saterdag, 15 Mei, 2021 in sy woonstel in die Alikreukel­kompleks in Kaap de Goedelaan, Hartenbos ontdek. Hy is in die badkamer gevind waar hy met 'n tou vasgebind was. Die nadoodse ondersoek het bevestig dat Oosthuizen weens versmoring gesterf het.

Drie mans, Jean-Pierre Coetzee (35), Reginald du Preez (31), en Emile Scheepers (27), is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die vermoede bestaan dat van die beskuldigd­es aan Oosthuizen bekend was. Die verdagtes het nog nie gepleit op die aanklagte teen hulle nie. Hulle word aangekla van moord en die besit van gesteelde goedere.

 ?? ?? Die hommeltuig met infrarooi tegnologie wat gebruik word om boosdoener­s in die nag op te spoor. INLAS: ‘n Bord met plaasnomme­r help die SuidAfrika­anse polisie om vinnig by noodsituas­ies uit te kom.
Die hommeltuig met infrarooi tegnologie wat gebruik word om boosdoener­s in die nag op te spoor. INLAS: ‘n Bord met plaasnomme­r help die SuidAfrika­anse polisie om vinnig by noodsituas­ies uit te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa