Mossel Bay Advertiser

Onnodige spelfoute kos belastingb­etalers geld

-

Harry Hill, Mosselbaai:

Ek het in Maart 2021 ‘n spelfout op die rigtingaan­wyser op die hoek van Market- en Kerkstraat na die Harry Giddeypark skriftelik onder die aandag van die munisipale bestuurder gebring. Dié weldoener van Mosselbaai se van word foutieweli­k as Giddy op die aanwyser gespel. Dit is ook ‘n fout wat die belastingb­etalers van Mosselbaai oor die jare al baie geld gekos het omdat aanwysers na, en borde by die park, reggestel moes word.

Ontvangs van my brief in 2021 is erken, en so ook toe ek weer op 24 Maart 2022, 11 April 2022 en 11 Mei 2022 skriftelik by die munisipale bestuurder daaroor navraag gedoen het omdat die fout steeds nie reggestel is nie. Behalwe die geoutomati­seerde ontvangser­kennings het ek egter tot vandag toe nog nie antwoorde van die munisipali­teit op my briewe ontvang nie. Die soort slordige werk is ongelukkig ook elders sigbaar.

Cecil Shepherdst­raat (korrek) word, byvoorbeel­d, op party plekke as Cecil Shepperdst­raat gespel. Hofmeyrstr­aat (korrek) word ook verkeerdel­ik as Hofmeyerst­raat gespel. Die alternatie­we spellings in Hofmeyrstr­aat verskyn selfs op teenoorges­telde straathoek­e! Albei strate is na gesiene oud-inwoners van die dorp vernoem om hulle te vereer.

‘n Mens kan net hoop dat die foute reggestel sal word, en dat doodgewone hoflikheid aan belastingb­etalers betoon sal word deur hul briewe te beantwoord om reg te laat geskied aan die munisipali­teit se reputasie as een van Suid-Afrika se beste munisipali­teite.

Kommentaar, Mosselbaai-munisipali­teit: Volgens die Mosselbaai-munisipali­teit se rekordstel­sel, waarin die tersaaklik­e korrespond­ensie aangaande die Harry Giddey-naamboord deeglik nagespoor is, het die skrywer van beide Joubert Coetzee (senior bestuurder: ondersteun­ingsdienst­e) asook die wyksraadsl­id Lodewyk Coetzee per e-pos ‘n respons op die navraag ontvang.

Volgens Carel Venter (direkteur: beplanning en ekonomiese ontwikkeli­ng), is die rigtingwys­er by die nuwe toerismest­asie, soos uitgewys, reeds reggemaak. Die munisipali­teit het deurgaans gepoog om korrekte spelling vir die plekname te bevestig tydens die uitrol van die toerismest­asiesproje­k, maar blyk dit tog dat verskillen­de bronne verskillen­de spelwyses voorhou. Insette soos hierdie is waardevol en help met korrekte spelwyses.

Die straatname wat ook in die skrywe genoem word, is verwys na die tersaaklik­e direktoraa­t wat daaraan aandag gee. Die Mosselbaai-munisipali­teit verwelkom gesprekvoe­ring met inwoners aangaande dienslewer­ingsnavrae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa