Mossel Bay Advertiser

Vaarwel ná 38 jaar

-

Claudia de Jager, opvoeder by Ridgeview Primêr, het verlede week na 38 jaar diens, die tuig neergelê. Wat dit so besonders maak is dat dié graad 1-onderwyser­es, die volle

38 jaar by dieselfde skool onderrig gegee het.

Haar loopbaan in die onderwys het begin by die Bellvilleo­pleidingsk­ollege waar sy destyds gestudeer het. In die 38 jaar het sy verskeie hoofde en kollegas gesien kom en gaan. Sy het met 43 graad eentjies in ‘n klas begin en met 39 afgesluit. “Dit was my passie en so lekker as jy aan die einde van die jaar kan sien dat die graad 1-leerders kan lees en skryf en jy weet dit was jou werk,” vertel sy.

De Jager en haar man Gerald, wat reeds afgetree het, sê dat hulle twee nou die land gaan verken. Hulle was al in Mpumalanga en in Lesotho en sal graag deur die res van die land wil toer. ‘n Bootreis is ook iets wat hulle graag wil doen. Hulle het twee volwasse dogters

- ‘n rekenmeest­er en ‘n onderwyser­es.

“Ek wil die verstand bietjie helder hou en ek wil voluit leef,” sê De Jager. Sy sê dat die Here voorsien en dat sy Maandag vir die eerste keer in ‘n lang tyd so bietjie gaan stap het sonder om aan werk te dink.

Sy het lank op die beheerraad en sportkomit­ee gedien. “In my loopbaan het ek baie geleer deur aan verskeie organisasi­es te behoort. Mens raak net ryker in kennis as jy in verskillen­de organisasi­es dien en ek glo dat ek kan aftree met baie kennis van die onderwys.”

Van vroegoggen­d tot laatmiddag het sy haar alles gegee vir die graad eentjies en nou is dit tyd om te rus.

 ?? ?? Claudia de Jager wat op 60 die tuig neergelê het by Ridgeview Primêr.
Claudia de Jager wat op 60 die tuig neergelê het by Ridgeview Primêr.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa