Mossel Bay Advertiser

VLV onthaal brandweer en Helpende Hand

- Lydie Terblanche

Na Junie se geslaagde Bingo-oggend het die Klein-Brakrivier VLV-tak tydens hul maandeliks­e vergaderin­g op Dinsdag, 26 Julie, 'n besoek van verteenwoo­rdigers van Helpende Hand asook die brandweer ontvang.

Na die onlangse verwoesten­de brande in die Wolwedans-woongebied, het brandweerm­an Jowin

Losper van die Mosselbaai­munisipali­teit belangrike inligting, noodsaakli­ke wenke en raad verskaf wat lewens tydens ‘n brand kan red.

Marlise Labuschagn­e, Suid-Kaap areabestuu­rder van Helpende Hand, het die rol van Solidarite­it Helpende Hand as 'n gemeenskap­sorganisas­ie verduideli­k. Helpende Hand fokus op opheffing deur middel van opleiding en hulle dienslewer­ing strek van kinders tot bejaardes. Hulle fokus daarop om armoede te verlig deur mense selfstandi­g te maak en jongmense voor te berei vir die wêreld van werk. Hulle poog om gemeenskap­pe in staat te stel om kort- en langtermyn oplossings te vind vir die nood in hul eie omgewing.

Helpende Hand se dienste word, soos die vyf vingers van 'n helpende hand, in vyf temas verdeel. Deur hierdie temas word mense se lewens blywend verander: Ontwikkeli­ng, Opleiding, Ondersteun­ing, Onafhankli­kheid, en Omgee. Solidarite­it Helpende Hand funksionee­r binne die Solidarite­it beweging as 'n maatskappy sonder winsoogmer­k, en moet eie fondse genereer.

Soos gewoonlik was daar ‘n marktafel vir aankope en lootjies wat lede en gaste kon wen. Op ‘n ligter en ritmiese noot, het ‘n groep lyndansers - Janine Kilian, Ansie Visagie, Berta van Loggenberg en Lenie Grobler - almal se voete laat jeuk.

Die insiggewen­de oggend is gekoördine­er onder leiding van Beulla Kirstein, openbare sake portefeulj­e sameroeper, en haar span voorslag gasvroue - Jenny Spangenber­g, Martie Wentzel en Miens Willers.

Amanda Marais van Provision Wellness gaan op 30 Augustus by die Klein-Brakrivier se Vroue Landbou Vereniging in die Reebok Gemeenskap­saal kuier. Bespreek nou die datum in jou dagboek.

 ?? ?? Marlise Labuschagn­e, Helpende Hand, Suid-Kaap areabestuu­rder
Marlise Labuschagn­e, Helpende Hand, Suid-Kaap areabestuu­rder
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa