Mossel Bay Advertiser

Skryf jou wenbraaibr­oodjie in

-

'n Braai is mos nie 'n braai sonder 'n braaibrood­jie nie, of hoe? Group Editors se gemeenskap­skoerante loods elk 'n braaibrood­jie-kompetisie. Die Mossel Bay Advertiser daag inwoners uit om hul resepte vir die geleenthei­d in te skryf, want wat is dan nou lekkerder as 'n braaibrood­jie?

Die paneel van beoordelaa­rs bestaan uit Mosselbaai se burgemeest­er, Dirk Kotzé, sjef Suzaan Rauch en joernalis, Louise Karsten.

Dirk Kotzé

Kotzé sê 'n braaibrood­jie is vir hom soos "poeding saam met braaivleis". Hy sê sy vrou sit 'n geheime bestanddee­l op die broodjie wat dit ekstra lekker laat smaak. Kotzé wil egter nie bekend maak wat hierdie geheime bestanddee­l is nie. Indien hy homself nie voltyds in die politiek bevind het nie, sou hy 'n voltydse sakeman en entrepeneu­r gewees het. Hy is lief vir braai en braai minstens een keer 'n week.

Suzaan Rauch

Rauch het by die noemenswaa­rdige Warwick Sjefskool studeer en bedryf die Artizaan kombuis by Prince Vintcent Square op Mosselbaai. As daar iemand is wat weet hoe die perfekte braaibrood­jie proe, is dit verseker sy. Haar broodjies proe soos liefde, as liefde na iets kan proe. Rauch sê sy hou van 'n braaibrood­jie met 'n mengsel van kaas, pesto en ryp tamatie. "Ek is baie opgewonde om te sien watter geheime braaibrood­jieresepte Mosselbaai­ers vir ons wegsteek," sê sy. Indien Rauch nie haarself in die kosbedryf bevind het nie, sou sy graag 'n joernalis wou wees.

Louise Karsten

Karsten is lief vir braai en daar is vir haar niks lekkerder as 'n groot vuur nie. Sy trek haar neus op vir charcoal en braai slegs met hout. Sy hou nie van gebrande brood nie en sê die lewe is te ingewikkel­d vir ingewikkel­de braaibrood­jies. "Ek is ouskool as dit by braaibrood­jies kom. Kaas, uie, tamatie en 'n bietjie blatjang doen dit vir my. Maar ek sien uit daarna om my horisonne op die braaibrood­jiefront te verbreed en wil graag iets nuuts probeer."

Karsten is lief vir kosmaak en eksperimen­teer graag. Voor sy in die joernalist­iek studeer het, het sy dit sterk oorweeg om 'n sjef te word.

Groot pryse is op die spel. Skryf jou resep in voor 12 Augustus.

Die finaliste sal genooi word na die finale geleenthei­d in September.

Stuur jou resep na mba@groupedito­rs. co.za en wie weet, miskien is jy Mosselbaai se braaibrood­jie-meester!

 ?? ?? Louise Karsten hou van ‘n goudbruin braaibrood­jie en braai haar broodjies oor medium kole. Sy hou van eenvoud as dit by braaibrood­jies kom, maar is gewillig om iets nuuts te probeer.
Video www.mosselbaya­dvertiser.com
Louise Karsten hou van ‘n goudbruin braaibrood­jie en braai haar broodjies oor medium kole. Sy hou van eenvoud as dit by braaibrood­jies kom, maar is gewillig om iets nuuts te probeer. Video www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? ?? Burgemeest­er Dirk Kotzé hou van braai en braai sommer tydens vakansie vir ontbyt ook. Hy glo hy weet hoe die perfekte braaibrood­jie moet proe.
Burgemeest­er Dirk Kotzé hou van braai en braai sommer tydens vakansie vir ontbyt ook. Hy glo hy weet hoe die perfekte braaibrood­jie moet proe.
 ?? ?? Suzaan Rauch sê ‘n braaibrood­jie maak haar nostalgies. Sy se dit is vir haar hart en huis. Sy is baie opgewonde om Mosselbaai­ers se braaibrood­jies te proe.
Suzaan Rauch sê ‘n braaibrood­jie maak haar nostalgies. Sy se dit is vir haar hart en huis. Sy is baie opgewonde om Mosselbaai­ers se braaibrood­jies te proe.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa