Mossel Bay Advertiser

Slaan self stres vir ‘n ses

-

Die vroue van VLV-Voëlvlei het ‘n leersame vergaderin­g gehad oor hoe om maklike stresbreke­rs te gebruik om stres hok te slaan.

Seraldi Serfontein, ‘n kenner op die gebied, het beklemtoon dat oormatige stres negatiewe gevolge soos hoofpyne, slaaploosh­eid, verhoogde bloeddruk en kortasemig­heid op die liggaam het.

Sonder om sommer dadelik die chemiese weg met pille te neem, is daar ‘n paar stresbreke­rs wat binne elkeen se bereik en boonop goedkoop is.

Heel eerste is diep asemhaling. Dit laat jou dadelik ontspan. En om dit ‘n prettige oefening te maak, kan jy saam met die kinders, of alleen, seepborrel­s blaas. Dis ook belangrik om sosiaal te verkeer en met mense persoonlik te gesels eerder as op sosiale media. Kuier en lag saam. Wees kreatief en ontdek nuwe vaardighed­e. Die waarde van diere en die interaksie met jou troeteldie­re is ook baie goeie terapie vir stres. Selfs net die dophou van voëls of ander diere kan jou laat ontspan. Om kaalvoet in die natuur tyd deur te bring en te stap, bring ‘n nuwe perspektie­f en verlig stres. Oefening kan selfs op die bed gedoen word deur byvoorbeel­d die alfabet met jou voete te ‘skryf ’!

‘n Belangrike oorsaak van stres op die liggaam is verkeerde eetgewoont­es. Voorbeelde van gesonde voedsel as ‘n teenvoeter vir stres op die liggaam, is onder andere donker sjokolade, neute, bessies, avokado, lemoene, olierige vis, groentee, kaneel en aarbeie.

Van die bestuursle­de het insette op die vergaderin­g gelewer. Linzetta Smit het vertel van die ontstaan en geskiedeni­s van die VLV-tekstielmu­seum in Stellenbos­ch, en ‘n besoek sterk aanbeveel. Cathy Klaassen het met die mooiste serpe gewys hoe om dit op verskillen­de maniere te dra en spoggerig te lyk.

 ?? ?? Seraldi Serfontein
Seraldi Serfontein

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa