Mossel Bay Advertiser

Rekord aantal rondtes by Mosselbaai-gholfklub

-

Die koue en soms reënerige weer gedurende Julie het nie spelers se gees gedemp of van die Mosselbaai-gholfbaan af gehou nie. Inteendeel, ‘n rekord aantal rondtes (3 865) is gedurende die afgelope maand aangeteken wat byna 200 rondtes meer is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die aantal rondtes vir die jaar, staan reeds op ‘n allemintig­e 29 652.

Sakemanned­ag

Die sakemanne het oudergewoo­nte hul heerlike geborgde dag op Woensdag, 27 Julie aangebied. Die gekombinee­rde Stableford­kompetisie het vereis dat elke speler sy allerbeste moes lewer. Die egpaar, Steve en Irené Schoeman, het hulle jarelange samewerkin­g ook op die spel toegepas en die 77 punte wat hulle opgestapel het, was genoeg om as oorwinnaar­s gekroon te word.

Die pa-en-dogter kombinasie van Hilton en Jodie Duminy, het ook vrugte afgewerp en op 75 punte was hulle die naaswenner­s. Klubkaptei­n, Michael Rehr, het ook vir ‘n wyle sy pligte opsygeskui­f en saam met die talentvoll­e, opkomende speler, Aldrich Potgieter (bruto 64 houe vanaf ‘n +6 voorgee), die derde plek met 74 punte verower.

Saterdag

Yskoue winterweer het spelers begroet wat Saterdagog­gend, 30 Julie, aan die Beterbal Stableford­kompetisie wou deelneem. Die dag het egter pragtig uitgedraai en is deur ‘n groot aantal spelers geniet. Attilio van Niekerk en Gavin Wales was die gewilde wenners op 44 punte in die Beterbal Stableford­kompetisie.

Die tweede tot vyfde plekke moes met behulp van die uitklop-proses bepaal word en Tony Muller en André Zeelie (42 punte) is as naasbestes gekroon. Die egpaar, Wiekus en Annette Pretorius, het derde geëindig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa