Mossel Bay Advertiser

Jislaaik Antie!

- met Alet Engelbrech­t

So kom ons toe in Mei verlede jaar hier aan met sterre in die oë. Alles net te lekker.

Die stappies langs die see, die rustige omgewing, die sit op die stoep en opgewonde raak oor die dolfyne en walvisse. Bitter min misdaad, net so hier en daar ‘n petty crime. Ek neem tot ‘n video van die grassnyers wat met ‘n skerm grassny sodat die klippe nie opskiet en mense beseer of motors tref nie. Deel dit met al my Gauteng-vriende. Daar word die gras skaars gesny, wat nog te sê met ‘n span van vyf, skerm en al. Sit op die stoep met die wonderlike see-uitsig voor my, eers met ‘n oggendkoff­ie en dan met ‘n glasie wyn laatmiddag. Neem foto’s en stuur vir vriende wat al hoe minder entoesiast­ies is oor die lekkerte wat ek onder hulle neuse vryf.

So met verloop van tyd, moet ek die plaaslike winkels besoek. Sien dat die groot handelsnam­e hier per item ten minste R1 of R2 duurder is as in Gauteng. Okei…. kan/moet daarmee saamleef. Onthou jy betaal vir die mooi landskap, die berge, die see. En blykbaar is die Suid-Kaap baie verder van die bergingsto­re in Kaapstad, as Johannesbu­rg, byvoorbeel­d?

Volgende besoek is die plaaslike apteek. Ai tog, en daar word ons almal voor die voet, getannie! Nou kyk, ek verstaan as iemand my tannie as my hare grys is en ek met ‘n kierie loop, soos die Engelse se

Queen op 96. Maar dit is ten minste nog 30 jaar van nou. En nee, moet asseblief nie vir my of vir jouself vertel dis ‘n teken van respek nie. Eerder ‘n gebrek daaraan!

Jare gelede bedryf ons ‘n sigaretwae­ntjie in Newlands, Johannesbu­rg. Een mooie dag hanteer ek die verkope.

Ek is skaars 30 jaar oud, en die manne en vroue met baie myle op die klok wat kom sigarette koop, noem my waaragtig tannie! Erger nog antie!

Dit was dan ook my laaste skof in die waentjie. Miskien moet daar ‘n verpligte afrondings­kool vir jong profession­ele mans en vroue wees om hulle te leer hoe om met rêrige respek dames/vroue/ma’s en oumas van tussen 40 en 90 aan te spreek. Ook vreemd dat mans in hul 50’s wat mooi lyk en goed versorg is, nooit as oom aangespree­k word nie.

Ek noem jou nie seun, boetie of jongman nie, só spreek dié antie asseblief aan as dame, mevrou, mejuffrou of nog makliker, op my naam.

Dis Alet.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa