Mossel Bay Advertiser

Hond ná inbraak gevind

- Louise Karsten

Te danke aan ‘n dieregroep van Danabaai, Dana Bay Pets in Distress, het ‘n inwoner sy twee honde wat ná ‘n inbraak by sy woning weggeraak het, vinnig teruggekry.

Neels de Wet sê hy was Saterdagaa­nd, 20 Augustus in Groot-Brakrivier en het sy twee honde, ‘n Foxterrier genaamd Fox en ‘n miniatuur Pincher, Queenie, by sy huis in Ferroxstra­at gelos.

‘n Buurvrou het Neels op Sondag, 21 Augustus gebel en gesê Fox dwaal in die straat rond. “Ek het vir haar gesê dit is onmoontlik en het huistoe gejaag.”

De Wet sê hy het toe besef dat daar by sy woning ingebreek is. Die inbrekers het toegang verkry deur ‘n venster uit ‘n raam te haal.

“Alles was chaos en Fox en Queenie was weg. Ek het Fox dadelik teruggekry maar kon nie vir Queenie opspoor nie.” De Wet sê die inbrekers het sy hele huis omgekeer en ook in sy kamer ontlas.

“Hulle het al my blikkies kos, asook al die vleis uit my vrieskas gesteel.” Hy sê hulle het die houtkissie langs sy bed waarin sy oorlede vrou se as gestoor word, stukkend gebreek. Die kissie is later op ‘n bouperseel in Danabaai gevind.

De Wet het op die Danabaai Nuus-groep op Facebook gevra dat enigeen wat Queenie sien, hom sal kontak. ‘n Inwoner van Danabaai, Rolene Loots sê haar buurvrou, Maritza het vir Queenie gesien en haar oor die hondjie ontferm. Loots het toe ‘n foto van Queenie op die Dana Bay Pets in Distress-groep geplaas waarná die hondjie as De Wet s’n, geidentifi­seer is. De Wet sê beide sy honde is steeds verskrik. Hy het ‘n saak by die KwaNonqaba-polisiesta­sie aanhangig gemaak.

“Die polisie was by my huis om vingerafdr­ukke te neem maar dit blyk die inbrekers het kombuishan­dskoene gedra.”

 ?? ?? Hierdie foto van Queenie is op WhatsApp versprei waarna haar eienaar haar vinnig kon terugkry. INLAS: Queenie het in die strate rondgedwaa­l.
Hierdie foto van Queenie is op WhatsApp versprei waarna haar eienaar haar vinnig kon terugkry. INLAS: Queenie het in die strate rondgedwaa­l.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa