Mossel Bay Advertiser

Uitgebreid­e soektog eindig in watergraf

- Alet Engelbrech­t

Die naam van die man wat Saterdag dood op die seiljag, Panacea, gevind is, is bekend gemaak. Hy was Darrol Hansen (60) van Mosselbaai en word oorleef deur sy vrou, Hesta, dogter Lee-Lynn, sy ma Issie (82), en broers Ashley en Leon.

Issie sê dit is 'n baie moeilike tyd vir die familie wat in rou gedompel is oor die tragedie wat die afgelope week in die stormagtig­e see suid van Stilbaai en Mosselbaai afgespeel het.

Sy sê die see was haar seun se lewe en hy het van kleins af saam met sy pa geseil. "Hy het altyd gesê dat voor hy 70 jaar oud is hy om die wêreld wil seil. Hy het die Panacea in Saldanha gekoop en sou daarmee terugvaar na Mosselbaai. Ongelukkig het sy planne nie uitgewerk nie."

Dit was vir hulle belangrik dat die NSRI die familie met antwoorde kon verskaf. Hulle berus dat hy nou is waar hy wou wees. Die

Hansen-familie wil veral die NSRI-tak in Hermanus bedank wat wind en deinings so hoog soos berge trotseer het, en aangehou het totdat hulle hom dood op die seiljag gevind het. "Ons is dankbaar en seker dat niemand meer kon doen nie."

Die Nasionale Seeredding­instituut (NSRI) het Sondag bekend gemaak dat die

Panacea met die oorskot van die vaarder aan boord gesink het terwyl hulle besig was om dit na die Mosselbaai se hawe te sleep. Dit volg ná 'n uitgebreid­e soek- en reddingsop­erasie deur die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheid­sowerheid (Samsa), die NSRI en die Suid-Afrikaanse Lugmag sedert laas week.

Liggaam op seiljag

Die seiljag met Hansen se liggaam daarop is Saterdag, 20 Augustus deur die NSRI se reddingspa­n gevind. Reëlings is getref om die seiljag na Stilbaai te sleep waar provinsial­e forensiese patologied­ienste sy liggaam sou verwyder. Volgens die NSRI is daar gevind dat die seiljag skade opgedoen het weens die gure weerstoest­ande. Nadat weersomsta­ndighede verder versleg het, het hulle Sondag, 21 Augustus 'n sleeplyn gevestig en die seiljag na Mosselbaai begin sleep.

Die seiljag het egter water ingekry en sowat 20km van Mosselbaai gesink. Die polisie en sy duikeenhei­d ondersoek die moontlikhe­id om Hansen se lyk van die gesinkte seiljag te bevry.

Hansen het op 12 Augustus alleen van Kaapstad na Mosselbaai vertrek, nadat hy waarskuwin­gs verontagsa­am het dat die seiljag nie seevaardig is nie. Sy familie het die owerhede genader toe hy teen Maandag, 15 Augustus nie sy bestemming bereik het nie, en hulle niks van hom gehoor het nie.

 ?? ?? Die waarmee Darrol Hansen (60), van die Kaap na Mosselbaai oppad was. INLAS: Darrol Hansen (60) se liggaam is op die seiljag, aangetref.
Die waarmee Darrol Hansen (60), van die Kaap na Mosselbaai oppad was. INLAS: Darrol Hansen (60) se liggaam is op die seiljag, aangetref.
 ?? ?? Panacea-seiljag,
Panacea,
Panacea-seiljag, Panacea,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa