Mossel Bay Advertiser

Unieke geleenthei­d saam met premier Alan Winde

-

Kort op die hakke van die opening van die gesamentli­ke beheersent­rum (JOC) verlede week, toe die Wes-Kaapse premier Alan Winde en verskeie WesKaapse ministers die dorp besoek het, is daar ‘n unieke geleenthei­d volgende week om die premier en sy kabinet in D’Almeida te ontmoet.

Lede van die gemeenskap word uitgenooi om vanaf 17:00 hulle voorstelle en kwessies met Premier Alan Winde en sy kabinet te deel.

Die gesprekke vind by wyse van vyf minute lange, een-tot-eengesprek­ke plaas.

Voorkeur word gegee aan persone wat eerste opdaag waarna beurte afgewag sal word.

Die daaropvolg­ende dag, vergader die Wes-Kaapse premier en kabinetsle­de met al die burgemeest­ers en munisipale bestuurder­s van die Tuinroete by die Mosselbaai-stadsaal.

Die besonderse geleenthei­d volg nadat die munisipale bestuurder, Colin Puren, verlede week na afloop van die suksesvoll­e opening van die gesamentli­ke beheersent­rum, ‘n versoek aan die premier gerig het om die byeenkoms van George na Mosselbaai as gasheerdor­p, te skuif.

Premier Winde het tevore aangedui dat hy van voorneme is om die fokus te plaas op munisipali­teite wat die leiding neem deur die premiersfo­rumvergade­rings daarheen te skuif.

In die lig van die onlangse opening van die gesamentli­ke operasione­le sentrum (JOC), wat allerweë as 'n voorbeeld van beste praktyk beskryf word, het die premier besluit om die sitting vanaf George na Mosselbaai te verskuif.

Die besluit het gevolg ná 'n uitnodigin­g van die munisipale bestuurder, Colin Puren, wat die premier aan sy ondernemin­g herinner het tydens die JOC se amptelike opening verlede week.

 ?? ??
 ?? ?? ‘n Uitgebreid­e soeken reddingsop­erasie is geloods na die seiljag, Panacea,
35 seemyl suid van Stilbaai.
‘n Uitgebreid­e soeken reddingsop­erasie is geloods na die seiljag, Panacea, 35 seemyl suid van Stilbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa