Mossel Bay Advertiser

Ougat Meubels skuif aanlyn

-

Ougat Meubels, ‘n ikoniese familiebes­igheid wat sedert 1998 op Mosselbaai soliede meubels verkoop, sluit hul deure by hul perseel by 1 Bally Crescent in Voorbaai op Woensdag, 31 Augustus. Die deure sluit egter nie finaal nie aangesien die besigheid voortaan aanlyn gedryf gaan word en kliënte steeds hulle meubels op dié wyse by Ougat kan aankoop.

Eienaar en Mosselbaai­er, Cornél Schoeman sê Ougat Meubels het onlangs ‘n aanbod van die Tavcor Motorgroep gekry, wat reeds Renault Mosselbaai bedryf. Die gebou waaruit Ougat Meubels bedryf word, gaan voortaan aan Suzuki Mosselbaai verhuur word. “Dit is ‘n groot aanwins vir Mosselbaai en Suzuki gaan verskeie verbeterin­gs aan die gebou aanbring.” Met die koms van lente gaan Ougat Meubels en Suzuki Mosselbaai ook ‘n nuwe fase in. “Ons is baie opgewonde oor die nuwe moontlikhe­de en besigheid wat Suzuki vir Mosselbaai­ers gaan aanbied.”

“Dit is ‘n geleenthei­d wat ons gekry het en dit gee my ook ‘n kans om af te skaal.” Cornél sê sy gaan die Beach Housemeube­lreeks, wat hoofsaakli­k uit wit meubels bestaan, aanlyn verkoop. Die besluit om net met die Beachhouse­reeks voort te gaan is omdat dit al vir jare die gewildste reeks is.

Uitverkopi­ng en dankie

Ougat Meubels het tans op hulle gesogte RONJA-skilderye 50% afslag. Die ander meubelreek­se is ook op afslagprys­e beskikbaar.

“Ons is al jare deel van Mosselbaai en wil graag ons huurders op die perseel bedank, asook al ons kliënte. Ons het baie lojale kliënte en sal steeds virtueel besigheid doen. Sonder hulle sou ons sukses nie moontlik gewees het nie,” sê Cornél. Ougat Meubels bedank ook hul werknemers en die publiek vir jare se ondersteun­ing. Kontak Cornél Schoeman by 082 466 3114 of besoek hulle Facebook blad of webtuiste by www.ougatmeube­ls.co.za om aanlyn te koop.

 ?? ??
 ?? ?? Hierdie tipe meubelreek­s sal steeds aanlyn te koop wees.
Hierdie tipe meubelreek­s sal steeds aanlyn te koop wees.
 ?? ?? Cornél Schoeman is ‘n bekende gesig op Mosselbaai en gaan voortaan Ougat Meubels aanlyn bedryf.
Cornél Schoeman is ‘n bekende gesig op Mosselbaai en gaan voortaan Ougat Meubels aanlyn bedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa