Mossel Bay Advertiser

Asbeswater­pyplyne by Da Nova vervang

-

Da Nova, een van Mosselbaai se oudste buurte kry eersdaags sy opgraderin­gsbeurt wanneer die bestaande asbeswater­pyplyne, vervang sal word. Ten einde die impak van ontwrigten­de uitgrawing­swerk tydens die projek te verminder, word gebruik gemaak van pypbreking­tegnologie om die nuwe stelsel in plek te kry. Die Mossselbaa­i-munisipali­teit sal die aanvangsty­d van die projek nog bevestig, maar versoek die gemeenskap om intussen kennis te neem van enkele ontwrigtin­gs gedurende die opgraderin­g.

Die strate wat hierdeur geraak sal word is MJ Harris-, Con van der Wath-, Da Gama-, Ken Andrew-, Protea-, Sao Bras- en Ryk Tulbaghstr­ate. Volgens die projekbest­uurder, Martyn le Roux van Neil Lyners Konsultant­e, sal die projek ongeveer vyf tot ses maande duur tot voltooiing.

Die projek sal tot gevolg hê dat inwoners onderbreki­ng van normale watervoors­iening ondervind. Dit sal aangespree­k word deur middel van die verskaffin­g van tydelike wateraansl­uitings. Die rede vir die opgraderin­g is aangesien die bestaande asbeswater­pype gereeld waterbreuk­e veroorsaak wat waterverli­ese tot gevolg het. Die asbespype word nou deur ‘n hoë digtheid poliëtilee­n-pype vervang.

Die pybreking-tegnologie wat ingespan word, behels dat die hoë digtheid poliëtilee­npype met behulp van masjinerie deur die bestaande asbespyply­ne getrek word. Die voordeel hiervan is dat die omgewing waar gewerk word, minder versteurin­g veroorsaak. Boonop is daar baie rotse in die area waar die beplande werk gedoen word. Deur pypbreking te gebruik, word uitdagings soos om rotse te verwyder, verminder en daar is boonop minder stoornis wat die gemeenskap betref. Die tipe plastiekpy­p wat gebruik word is buigsaam en kan dus teen verskillen­de hoeke deur die bestaande pypnetwerk getrek word. Die gemeenskap word versoek om die areas waar daar gewerk word, liefs te vermy. Daar sal ook ‘n stop-en-ry-punt wees om die verkeer te reguleer. Aangesien die bestaande asbespype meestal geleë is waar bestaande paaie is, is dit verkieslik dat so min verkeer moontlik deur die areas beweeg gedurende die opgraderin­gsperiode. ‘n Werksbasis sal ten tye van die projek by die substasie in MJ Harrisstra­at opgestel word.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa