Mossel Bay Advertiser

Boerboel-skou op George

-

Groot opgewonden­heid heers oor die SuidKaap-boerboel-streekskou wat Saterdag, 27 Augustus by die Outeniqua Family Market aangebied word.

Christo de Kock, een van die organiseer­ders, het gesê minstens 70 van die besondere honderas, wat so swaar as 90kg weeg, word verwag. Hulle kom van sover as Kaapstad en Oos-Londen.

“Die Boerboele wat deelneem moet geregistre­er wees en jy moet lid wees van die South African Boerboel Breeders Society (SABBS).”

Volgens De Kock is mense welkom om die geleenthei­d by te woon wat om 10:30 begin. “Ons begin met die drie maande oue kleintjies en teen 14:00 sal die groot honde se wenners aangewys word.”

Die gesogte swart boerboel (wat onlangs as ‘n erkende kleur bygevoeg is) sal ook daar wees. Ligbruin, rooibruin en briekwa (brindle) sal in hulle onderskeie ouderdomsg­roepe deelneem.

Benewens die honde is daar stalletjie­s waar verversing­s gekoop kan word. “Bring die hele familie en kom geniet die dag saam met ons.”

Boerboelsk­oue wat wêreldwyd gehou word, is daar om te sien hoe naby eienaars kan kom aan die voorgeskry­fde rasstandaa­rd. Met kundige oë en jare se ondervindi­ng van die beoordelaa­rs, word die honde teen mekaar opgeweeg en ‘n wenner word dan aangewys.

Die South African Boerboel Breeders Society (SABBS) hou wêreldwyd streekskou­e waaraan al die honde van daardie streek en omliggende streke kan deelneem om die gesogte titels te wen. Al hierdie skoue bou op na die jaarlikse internasio­nale skou waar die beste boerboel in die wêreldtite­l, aangekondi­g word. Vanjaar vind hierdie skou op 5 November in Stellenbos­ch plaas.

Hy het die boerboel as hanteerbaa­r, betroubaar, gehoorsaam, opleibaar en intelligen­t beskryf. “Hierdie eg SuidAfrika­anse ras is selfversek­erd en vreesloos en het ‘n sterk beskerming­sdrang en is lojaal teenoor al sy gesinslede.

“Hy is ‘n hond wat dapper is wanneer bedreig word en is altyd standvasti­g. Hy is ook kalm en het ‘n selfversek­erde houding wanneer genader word. Hulle kan van jongs af opgelei word en het ‘n ferm hand nodig.

Vir meer besonderhe­de bel De Kock by 082 555 5428.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa