Mossel Bay Advertiser

Pretloop en gholfdag ten bate van OCC

- Eugene Gunning

Die Outeniqua-rolstoelwe­dren (OCC) word vanjaar op 15 Oktober weer aangebied. Die komende Vrydag, 26 Augustus word ‘n pretloop by Rooirivier­rif en ‘n gholfdag op Saterdag, 27 Augustus by Oubaai gehou om fondse vir die geleenthei­d in te samel.

Alewijn Dippenaar, geleenthei­dsdirekteu­r, sê sowat 350 inskrywing­s is al vir die wedren in Oktober ontvang en tot 800 atlete sal kan deelneem.

Vanjaar se wedren sal internasio­nale deelnemers hê, asook inskrywing­s wat reeds uit Namibië, Ghana en Zimbabwe ontvang is. Een van die groot uitdagings in die stadium is akkommodas­ie en daar word gekyk hoe dit die hoof gebied kan word. Daar moet in gedagte gehou word dat die akkommodas­ie gestremdvr­iendelik moet wees.

Die enigste groot kommer wat die organiseer­ders op die stadium het, is die padwerke in Yorkstraat. ‘n Deel van die wedrenroet­e vind in dié straat plaas. Daar is gesprekke met die Georgemuni­sipaliteit en daar word gekyk na alternatie­we indien dit nodig sou wees.

‘n Nuwe toevoeging tot vanjaar se geleenthei­d is ‘n 5km kaskar/ rolstoel-wedren vir nie-gestremde persone. Sakeondern­emings sal ‘n kaskar/rolstoel kan borg en dan word dit soos ‘n rolstoel gestoot.

Altesaam 12 sakeondern­emings het al aangedui dat hulle gaan deel wees van die nuwe afdeling. Die nuwe toevoeging word gemaak om groter bewustheid by die publiek te skep vir die rolstoel-gemeenskap. Volgens Dippenaar is daar baie mense in rolstoele en hulle dink dis net ‘n wedren. Daar is ook ‘n pretgedeel­te.

Die wat belangstel om die pretloop en gholfdag te ondersteun, kan Roslyn Saptoe skakel by 073 450 246.

Mense is steeds welkom om as vrywillige­rs op die dag van die wedren te help en kan Dippenaar kontak by 082 457 5675.

 ?? ?? Alewijn Dippenaar
Alewijn Dippenaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa