Mossel Bay Advertiser

Reaksie op brief misleidend

-

Harry Hill, Mosselbaai:

Die Mosselbaai-munisipali­teit se reaksie op my brief oor spelfoute op rigtingaan­wysers op die toerisme-roete na die Harry Giddeypark is misleidend en teleurstel­lend.

Dit bevat ook ‘n onwaarheid aangesien die aanwyser op die hoek van Markstraat en Kerkstraat (voor Mosselbaai Toerisme) op die publikasie­datum van die reaksie op 5 Augustus nog nie reggestel was nie. Dit was op 8 Augustus, 2022 steeds foutief.

Die fout op die aanwysers is die eerste keer op 24 Maart, 2021 skriftelik aan die munisipale bestuurder gerapporte­er in belang van die dorp se openbare beeld. Dit is op 10 Maart, 2022 en weer op 11 April, 2022 skriftelik opgevolg omdat die aanwysers steeds foutief was. Behalwe die outomaties­e ontvangser­kennings, is steeds geen reaksie oor die onderwerp ter sprake ontvang nie.

Die munisipali­teit se versuim is op

11 Mei, 2022 direk met mnr Joubert Coetzee opgeneem aangesien sy afdeling verantwoor­delik is vir die verspreidi­ng van korrespond­ensie, en die monitering van die afhandelin­g daarvan. Hy het onderneem om dit te ondersoek, maar my oorspronkl­ike korrespond­ensie oor die tersaaklik­e aangeleent­heid is steeds geïgnoreer. Die foute is ook nie reggestel nie. Raadslid Lodewyk Coetzee, wat ongelukkig nie briewe namens die munisipale bestuurder kan beantwoord nie, het wel gereageer toe ek hom in Maart 2022 op die korrespond­ensie ingekopiee­r het.

Hy het my probeer oortuig dat ‘n fout wat waarskynli­k nie meer as R2 000 sou kos om reg te stel nie, en in die 2020/2021-boekjaar begaan is, eers in die 2022/2023-boekjaar reggestel sal kan word.

Direktoraa­t van infrastruk­tuurdienst­e se afdeling paaie, vervoer en stormwater, reageer:

‘n Bestelling is by die verskaffer wat die tender vir straatname ontvang het, geplaas. Die munisipali­teit wag daarop om die straatnaam­borde met die korrekte spelling in ontvangs te neem waarna dit die bestaande naamborde sal vervang. Dit sal na verwagting voor die einde van Augustus plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa