Mossel Bay Advertiser

Bekendstel­ling van 7’s wêreldbeke­rtrofeë

- Wyndham Ewerts

Oudtshoorn Courant, ‘n publikasie van Group Editors, was vroeër vandeesmaa­nd deel van ‘n kleedkamer­ervaring by die DHLrugbyst­adion in Kaapstad waartydens beide die mans en vroue 7’s wêreldbeke­rtrofeë deur Neil Powell (Blitzbokke-afrigter) bekend gestel is. Suid-Afrika bied vanjaar dié skouspel, wat deur Castle Lite geborg word, vanaf 9 tot 11 September by die einste DHLstadion aan wat ook 'n eerste vir Afrika is.

Hierdie swierige geleenthei­d is bygewoon deur verskeie hooggeplaa­stes, mediahuise van oor die land, sowel as plaaslike vermaaklik­heidsterre wat onder meer Maurice Paige (akteur), Dee Koala (musikant) en Reyle Rene de Morney (mediaperso­onlikheid) ingesluit het.

Tydens die bekendstel­ling in die kleedkamer het Powell alle rugbyonder­steuners aangemoedi­g om in hul duisende by die stadion op te daag in wat hy beloof het 'n ervaring propvol adrenalien sal wees.

"Diegene wat nie fisies hier kan wees nie, moet ons op hul TV-skerms ondersteun en die aksie volg soos wat dit ontvou," het hy gesê.

Die Blitzbokke is vanjaar die gunsteling om met die louere by die wêreldbeke­r weg te stap weens hul onlangse goue medalje by die Statebonds­pele (Birmingham, Engeland) waar hulle 'n gedugte Fidji in die eindstryd met 31 - 7 behoorlik karnuffel het. Die Blitzbokke se sterspeler,

Angelo Davids, het gepas die toernooi afgesluit met 'n allemintig­e 10 drieë.

Sedert die eerste Seweswêrel­dbeker in 1993, kon die tuisspan nie daarin slaag om dié beker huis toe te bring nie; vanjaar wink daar egter 'n guldige geleenthei­d om die bordjies te verhang voor hul tuisskare.

Powell het bevestig dat hul sege by die Statebonds­pele net die regte doepa was om die span broodnodig­e momentum en selfvertro­ue te gee.

"Ja kyk, ons oorwinning oor Fidji was ideaal in terme van die aanloop tot die wêreldbeke­r en die manne is oorgehaal om hul vorm voort te sit.

Tans beskik ons oor 20 spelers wat gereed is om te baklei vir die wêreldbeke­r, so ek is redelik tevrede met ons groep se diepte indien ontydige beserings kop uitsteek. Alhoewel Davids 10 drieë kon druk, wat 'n besondere prestasie is, sal hy die eerste een wees wat erken dat dit sy spanmaats is wat dit vir hom moontlik gemaak het.

Hy is egter 'n amazing speler op en van die veld wat baie na die span bring."

Wat sy eie afrigtings­filosofie- en tegnieke betref, het Powell gesê dat hy nie die spreekwoor­delike wiel sal herontwerp wat sukses gebring het nie.

"Verseker sal die span sy spelpatroo­n aanpas afhangend wie die opposisie is, maar nie soveel so dat ons die ouens deurmekaar maak nie, so bestendigh­eid in benadering sal definitief die wagwoord wees," het Powell benadruk.

Castle Lite se handelsmer­kdirekteur, Colleen Duvenage, het op haar beurt aangekondi­g dat daar 'n spesiale "Fan Village"- pretarea slegs vir kaartjieho­uers sal wees.

Kaartjies verkoop reeds soos soetkoek by die amptelike kaartjieag­entskap (Ticketmast­er) via die webwerf www. rwcsevens.com. Die publiek kan ook 'n kans staan om voldagkaar­tjies vir die duur van die toernooi te wen indien hulle aanteken by www.castlelite.co.za.

Kaartjiepr­yse wissel van R150 tot R1 750.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Neil Powell stel die 7’S wêreldbeke­rtrofeë vir mans en vroue bekend.
Foto: Wyndham Ewerts Neil Powell stel die 7’S wêreldbeke­rtrofeë vir mans en vroue bekend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa