Mossel Bay Advertiser

Vyfjarige bereik groot hoogtes met posduiwe

- Jannie du Plessis

'n Vyfjarige meisie het in die huidige vliegseiso­en met net 'n paar posduiwe, stof in die oë van die juniors by die Mosselbaai-posduifklu­b geskop.

Tashinga Gracious Kadey (5), se pa Taona en ma Blesmore het in 2019 by duiweboer Danie Barnard op Danabaai begin werk. Toana is hoofsaakli­k verantwoor­delik vir die versorging van die duiwe en die skoonmaak van die hokke. Tashinga of Tokolosh soos sy toe 'n bynaam gekry het, het van kleins af saam met haar pa 'n groot deel van die dag in die duiwehokke deurgebrin­g. Soveel so dat sy so vertroud geraak het met al die prosedures dat sy weet hoe om duiwe reg te hanteer en te versorg.

Toe Tokolosh vier jaar oud was het sy amptelik begin met die duiwe. Danie het vir haar 'n nuwe duiweklok gekoop sodat sy haar eie span duiwe kan vlieg terwyl nog 'n duiweboer van Danabaai, Corrie Naudé vir haar 'n hok gegee het. Sy versorg haar eie duiwe, sorg dat hulle gereeld badwater kry en hanteer hulle ook self.

Met net 'n paar duiwe wat sy gekry het, het sy toe met veral drie van haar duiwe begin naam maak onder die juniors by die klub. In die 2022 seisoen het sy reeds 11 eerste plekke, nege tweede en twee derde plekke met haar duiwe behaal. By die duiweklub hanteer sy ook haar eie duiwe en plaas hulle self in die onderskeie wedvlugman­djies waarin hulle met die federasie se vragmotor na die wedvlugpun­t vervoer word.

Tokolosh en haar pa, wat ook duiwe van sy eie het, vlieg nou al heeltemal op hul eie. Sy is ook op skool maar kan nie wag om in die middae by haar duiwe te kom nie. Naweke sit sy ure en wag vir haar duiwe tot hulle inkom. Met haar entoesiasm­e en liefde vir duiwe gaan die jong posduif junior nog groot naam maak in posduif-kringe. Hoewel sy maar baie skrikkerig vir die kamera is, het sy darem gesê dat sy lief is vir haar duiwe.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Dawid Botha van die Stilbaai-boogskietk­lub se pyl is op pad na die teiken by die boogskietk­ompetisie op Sondag, 21 Augustus op die St Blaize-boogskietk­lub se 3D-baan by Outeniqua Game Farm.
Foto: Jannie du Plessis Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Dawid Botha van die Stilbaai-boogskietk­lub se pyl is op pad na die teiken by die boogskietk­ompetisie op Sondag, 21 Augustus op die St Blaize-boogskietk­lub se 3D-baan by Outeniqua Game Farm.
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Sien video by www.mosselbaya­dvertiser.com
Tashinga Gracious ‘Tokolosh’ Kadey (5) hier saam met haar pa, Taona en Danie Barnarnd by die duiwehokke in Danabaai.
Foto: Jannie du Plessis Sien video by www.mosselbaya­dvertiser.com Tashinga Gracious ‘Tokolosh’ Kadey (5) hier saam met haar pa, Taona en Danie Barnarnd by die duiwehokke in Danabaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa