Mossel Bay Advertiser

Gillmer-duiwe presteer puik in Kimberley-wedvlugte

-

Duiwe van die Eden Posduiffed­erasie het die naweek van 13 Augustus vanaf Kimberley (652km) en die afgelope naweek (21 Augustus) vanaf Christiana (759km) gevlieg.

Faunty en Janene Gillmer (Gillroy) kan behoorlik breëbors loop nadat hulle duiwe tydens die Kimberley-wedvlugte nie net die eerste drie plekke in die ope 2 wedvlug van die Mosselbaai-posduifklu­b verower het nie, maar ook die eerste drie plekke in die Eden federasie ingepalm het. Dit wil beslis gedoen wees. Die vierde plek in die klub word deur 'n duif van Wikus en Amanda Pretorius (Anouk) ingeneem met Jan Marais in die vyfde plek.

In die ope 1 wedvlug klop wenner Fanie Mollentze die Gillmers met 26 sekondes. Fanie se duif vlieg vir hom die tweede plek in die federasie los, met die Gillmers se duif derde in die federasie. Nog 'n duif van die Gillmers neem die derde plek in die klub in met Hannes Grové (Boemerang) vierde en Corrie Naude vyfde.

Juniors

tweede duiwe met Logan Boshoff derde en vierde en Tashinga Kadye vyfde. JW spog met 'n tweede en derde plek in die federasie en Logan met 'n vierde plek.

Een van Zante Strydom se duiwe wen vir hom die ope 2 in die klub en neem die tweede plek in die federasie in. Logan Boshoff klok tweede in die klub en derde in die federasie en die jong Tashinga neem die derde tot vyfde plekke in die klub in en ook die vierde en vyfde in die federasie.

Christiana

In die afgelope naweek se wedvlugte van Christiana het Danie Barnard (Barnard Lofts) die eerste plek in die ope 1 wedvlug ingeneem met Jan Marais tweede, Chappy Gertenbach (Chapmar) derde en vyfde en Corrie Naude vierde.

In die ope 2 wedvlug is dit Fanie Mollentze (Mollentze Hokke) wat eerste en vierde klok, Gillroy tweede, Gert Wessels derde en Essie Esterhuize­n (AJE) vyfde.

Juniors

Logan Boshoff wat die afgelope naweek sy 13de verjaardag gevier het klok die eerste en derde duiwe in die ope 1. JW Schutte klok tweede en Tashinga Kadye vierde en vyfde.

JW klok die eerste twee duiwe in die ope 2 met Tashinga derde en vierde en Zante Strydom vyfde. JW se duiwe neem ook vir hom die eerste en tweede plekke in die federasie in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa