Mossel Bay Advertiser

Blinde rolbalspel­ers soek jou ou medaljes vir pretwedlop­e

-

Soos voorheen berig in die Mossel Bay Advertiser, is Eben Fourie, of "Spotlight" soos hy bekend staan, 'n visueël gestremde rolbalspel­er en Charles Collen, sy gids, gekies om Suid-Afrika in Australië in Maart 2023 te gaan verteenwoo­rdig.

Hierdie toer gaan die span ongeveer R

1 064 420 uit die sak jaag, alhoewel daar aansoek gedoen word vir borge, word daar van die spelers verwag om te help om fondse vir die span in te samel. Daar word beraam dat dit dus so tussen R 45 000 en R48 000 per persoon gaan kos. Hier in die Eden-distrik gaan daar gepoog word om pretdrawwe, die gewone "Funruns" aan te bied.

Hierdie pretdrawwe word in samewerkin­g met Hartenbos drawwers aangebied.

Vir hierdie projek het hulle egter die samewerkin­g van ons sportmanne, sportvroue, skole en ons gemeenskap nodig. Hulle is opsoek na al daardie ou medaljes van jou wat daar in 'n kas of boks weggepak is daar in die huis of motorhuis. Hulle soek nie medaljes wat groot sentimente­le waarde vir jou het nie, maar die tonne ander.

Die pretwedlop­e word "Van Toeka tot Nou" of "Blast of the Past" genoem. Hierdie wedlope het in Witbank begin, waartydens daar oor 'n tydperk van ongeveer 12 jaar baie suksesvoll­e wedlope vir verskillen­de liefdadigh­eidsorgani­sasies fondse ingesamel het. Die publiek sal binnekort oor die datums van die wedlope ingelig word en waar dit sal plaasvind. "Kry solank jul tekkies onder die bed uit, en maak reg vir 'n heerlike gesinsdraf, buite in die vars lug," sê Hannetjie Fourie, die projek koördineer­der.

Indien daar lesers is wat hul medaljes wil skenk, kan Hannetjie Fourie of Charles Collen onderskeid­elik gekontak word by 082 933 2254 / hannetjie.smit3@gmail.com of 083 251 3459 / cpcollen@gmail.com. Reëlings kan getref word vir die afhaal van medaljes.

Mosselbaai-posduifklu­b se duiwe het baie goed presteer in hierdie wedvlugte vanaf Kimberley. Ook die juniors se duiwe presteer goed in die federasie.

In die ope 1 vir die juniors neem JW Schutte die voortou en klok die eerste en

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa