Mossel Bay Advertiser

Barbarians wen Jaguars op Plettenber­gbaai

- Charles Theunissen

'n Begeesterd­e Barbarians-rugbyspan het verlede Saterdag vir Jaguars, op hul tuisveld in Plettenber­gbaai, met 50-27 geklop. In hierdie wedstryd het die wenspan se dissipline hulle amper weer in die steek gelaat, nadat hulle twee geelkaarte gekry het. Ten spyte van hulle swak dissipline was dit tog een van hul beste wedstryde vir die seisoen.

Barbarians se beweeglike agttal het reeds vroeg hul stempel in die vaste losspel afgedruk. Dit was juis die voorspeler­s wat die platform vir hierdie welverdien­de oorwinning geskep het. Met goeie skrumwerk, lynstane en dryfmaalbe­wegings het Babaas se agttal die tuisspan se voorspeler­s by tye onder groot druk geplaas.

Veral Shane Olckers (slot) en Daniel Abrahams (flank) wat Babaas se lynstane oorheers het, verdien krediet. Saam met hierdie twee het Fernando Fourie (slot) ook ‘n barshou gespeel. Abrahams wat die beste onder die voorspeler­s was, het meer as 60m gehardloop vir 'n fantasties­e langafstan­ddrie. Hierdie drie het gekom ná goeie samespel tussen voor- en agterlynsp­elers.

Die agterlyn met Shadward Fillies (buite senter) en Josh Hermanus (linker vleuel) aan die spits, se aanvallend­e spel het die skare op hul voete gehad. Fillies wat drie keer agter die doellyn gaan kuier het was ook aangewys as beste agterlynsp­eler van die wedstryd. Macdellin Saayman (losskakel) se taktiese skoppe het Babaas gereeld op die aanval geplaas.

Indien Babaas wil voortbou op hierdie goeie vertoning, sal hulle ernstig moet aandag gee aan hul dissipline, want die Crusaders en Progress is hul volgende teenstande­rs.

Vir die Barbarians het die volgende spelers drieë gedruk, Shadward Fillies (drie), J Hermanus (twee) en Daniel Abrahams, Curshie Mono en Daine Kannemeyer (elke een drie). Macdellin Saayman slaag met vier doelskoppe, terwyl Josh Hermanus ook ‘n doelskop deur die pal stuur.

Ander uitslae

Babaas B-span 38 - Jaguars 3

Babaas C-span 15 - Jaguars 10.

 ?? ?? Daniel Abrahams (flank) van Barbarians wat ‘n barshou gespeel het, ontvang die bal van sy skrumskake­l Clinton Wannies.
Daniel Abrahams (flank) van Barbarians wat ‘n barshou gespeel het, ontvang die bal van sy skrumskake­l Clinton Wannies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa