Mossel Bay Advertiser

Tafelaars deel in braaibrood­jiekompeti­sie

-

Round Table Mossel Bay 32 vat hande met die Mossel Bay Advertiser-span tydens die Advertiser se braaibrood­jie-kompetisie wat op Saterdag, 17 September plaasvind. Die geleenthei­d beloof om baie pret te wees en vind by die Koswerf Restaurant van die ATKV-oord op Hartenbos plaas.

Die topvyf sal op die betrokke dag om 13:00 hul braaibrood­jies vir die beoordeela­ars braai.

Inwoners is welkom om die geleenthei­d by te woon. Elke finalis sal minstens ses tot agt broodjies braai sodat die publiek ook kan proe hoe ‘n goeie braaibrood­jie behoort te smaak. Burgemeest­er Dirk Kotzé, Suzaan Rauch die eienaar en sjef van Artizaan by St Vintcent Square, Suzaan Rauch en joernalis, Louise Karsten gaan die broodjies beoordeel en die algehele wenner aankondig.

Seremoniem­eester

Dié Voorsitter van Round Table, AB Tromp sal die braaibrood­jie-kompetisie se seremoniem­eester wees.

Tromp is ook die visevoorsi­tter van Round Table Suid-Kaap. Hy is ‘n trotse inwoner van Danabaai en hou baie van braaibrood­jies maar is van mening dat ‘n braaibrood­jie eintlik as nagereg bedien moet word. Tromp is lief vir koffie en geniet dit om in sy vrye tyd te roei en te stap.

Voormalige voorsitter Paul Hoeksema hanteer tans die portefeulj­e van Round Table Internasio­naal se bemarkings­tategie. Hoeksema hou altyd blatjang, kaas en tamatie byderhand wanneer hy ‘n braaibrood­jie maak. Hy skrik nie vir ham nie en sit soms sommer ‘n snytjie ham of selfs spek op sy braaibrood­jie. Round Table Mossel Bay 32 doen gereeld liefdadigh­eidswerk. Besoekers aan die geleenthei­d word dus versoek om op die betrokke dag blikkiesko­s as skenking saam te bring. Die tafelaars sal dit op ‘n ander geleenthei­d aan behoeftige instansies uitdeel.

Borge

Die geleenthei­d sal nie sonder plaaslike borge moontlik kon wees nie. Die Advertiser bedank die volgende borge wat pryse vir die wenners beskikbaar stel: Hartenbos ATKV-oord vir die borg van naweekverb­lyf vir ses mense. Brink & De Bruin Oogkundige­s vir die borg van ‘n Oakley óf Rayban sonbril. Botliersko­p vir ‘n wildsrit vir twee mense. Albert Wiffen vir die borg van R400 se geskenkbew­ys. SSK Agriland Mosselbaai vir pryse ter waarde van R1 000 en Reebok Superette vir die borg van hout.

 ?? ?? Voormalige voorsitter van Round Table Mossel Bay 32, Paul Hoeksema en voorsitter, AB Tromp sal op 17 September by die Mossel Bay Advertiser se braaibrood­jie-kompetisie wees.
Voormalige voorsitter van Round Table Mossel Bay 32, Paul Hoeksema en voorsitter, AB Tromp sal op 17 September by die Mossel Bay Advertiser se braaibrood­jie-kompetisie wees.
 ?? ?? Die vyf finaliste sal hulle braaibrood­jies op 17 September ten toon stel.
Die vyf finaliste sal hulle braaibrood­jies op 17 September ten toon stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa