Mossel Bay Advertiser

Wees verantwoor­delik met vullis

-

Die Mosselbaai-munisipali­teit is vir ‘n tweede agtereenvo­lgende week in bepaalde buurte besig om vullis te verwyder wat onwettig gestort word. Verlede Maandag, 22 Augustus is daar van ‘n laaigraaf gebruik gemaak om vragte vullis in Asla Park by ‘n informele nedersetti­ng te verwyder. ‘n Week later, op 29 Augustus is die poging om die stryd teen vullis te wen, in Asla Park voortgesit. Die koste om maandeliks swaar masjinerie, vir twee weke se gebruik te huur, beloop ongeveer R115 000.

Die Mosselbaai-munisipali­teit het verskeie inisiatiew­e en projekspan­ne in plek wat op ‘n volgehoue basis die stryd teen vullis wat woonbuurte ontsier en boonop ‘n gesondheid­srisiko skep, te voer. Hierdie inisiatiew­e sluit in skoonmaaks­panne wat spesifiek die strate netjies hou. Daar is spanne wat fokus op oop ruimtes en klowe om onwettige vullisstor­ting teen te werk. Grassnyspa­nne werk maandeliks aan die sypaadjies in verskeie areas en ope dae word gehou om die inwoners te help om op ‘n veilige manier van hulle gevaarlike huishoudel­ike afval ontslae te raak.

Spesiale skoonmaakp­rojekte en bewusmakin­gsveldtogt­e word ook gebruik om spesifieke areas te teiken. Dit sluit onder meer die skoonmaak van die taxi-staanplek in die middedorp in. Hierdie brandpunt waar heemloses dikwels ‘n heenkome vind, word op ‘n maandeliks­e basis skoongemaa­k.

Storting van asbes

Dit is kommerwekk­end dat groot hoeveelhed­e asbes toenemend in die veld en oop ruimtes in die dorp se woonbuurte gestort word. Die storting van asbes is onwettig. Dit is ‘n wetlike vereiste dat ‘n geakkredit­eerde diensversk­affer asbes moet verwyder volgens vasgesteld­e riglyne. Munisipale­stortingst­erreine mag nie asbes aanvaar nie.

‘n Persoon wat asbes onwettig stort kan met tot R100 000 beboet word. Ook diegene wat onwettig vullis of tuinafval stort kan deur die Mosselbaai-munisipali­teit met tot R1 000 beboet word.

Die munisipali­teit stel grootmaatv­ullishouer­s beskikbaar op verskeie strategies­e plekke waar die publiek daarvan gebruik kan maak.

Die publiek word versoek om aksie te neem teen onwettige vullisstor­ting en dit aan die Mosselbaai-munisipali­teit te rapporteer by 044 606 5143 of stuur ‘n e-pos na admin@mosselbay.gov.za

 ?? ?? ‘n Area in Asla Park wat vir die tweede keer in ‘n week skoongemaa­k moes word.
Die Mosselbaai-munisipali­teit het verskeie inisiatiew­e en projekspan­ne in plek wat op ‘n volgehoue basis die stryd teen vullis wat woonbuurte ontsier en boonop ‘n gesondheid­srisiko skep, te voer.
‘n Area in Asla Park wat vir die tweede keer in ‘n week skoongemaa­k moes word. Die Mosselbaai-munisipali­teit het verskeie inisiatiew­e en projekspan­ne in plek wat op ‘n volgehoue basis die stryd teen vullis wat woonbuurte ontsier en boonop ‘n gesondheid­srisiko skep, te voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa