Mossel Bay Advertiser

Veiligheid gedeelde verantwoor­delikheid

-

Lede van die Uitbreidin­g 23-buurtwag het op 31 Augustus ‘n stap geneem om die jeug te mobiliseer as jong ambassadeu­rs vir gemeenskap­sveilighei­d. Boetie Groenewald, ‘n direkteur van die gesamentli­ke beheersent­rum (JOC), het die oorhandigi­ng van glimbaadji­es aan die skolierpat­rollie van St Blaize Primêre skool gefasilite­er.

Die JOC is op 16 Augustus geopen en is ‘n eerste van sy soort vir ‘n plaaslike regeringso­werheid in terme van ‘n privaat-publieke vennootska­p wat gemeenskap­sveilighei­d betref.

Tydens die oorhandigi­ng het die voorsitter van die Uitbreidin­g 23-buurtwag gesê, dat die skool ‘n integrale deel van die gemeenskap vorm waar hulle patrolleer en daarom by veiligheid­sinisiatie­we ingesluit moet wees. Philip Mattheus, van die Mosselbaai- en Da Gamaskop-polisieson­e se gemeenskap­spolisiefo­rum, het die inisiatief om die jeug te betrek, verwelkom. Faggie Johnson van die departemen­t gemeenskap­sveilighei­d het gesê dat dit ‘n groot fokusarea van sy departemen­t is om skole en geloofsgeb­aseerde organisasi­es gesamentli­ke verantwoor­delikeheid vir gemeenskap­sveilighei­d te laat neem.

Raadslid Rosina Ruiters, self ‘n aktiewe lid van die buurtwag het die leerders geloof daarvoor dat hulle deel is van ‘n veiligheid­sinisiatie­f soos die skolierpat­rollie. Sy het hulle aangemoedi­g om voort te gaan met hulle diens aan die gemeenskap deur hulle skoolmaats te help veilig hou. Die skoolhoof, André Muller het sy dank in verband met die skenking aangedui. Hy het ook van die geleenthei­d gebruik gemaak om van sy veiligheid­sbekommern­isse met die buurtwag en die wyksraadsl­id te deel, wat hulleself verbind het om daarvan werk te maak.

Die skep van ‘n veiliger omgewing is een van die Mosselbaai-munisipali­teit se vyf kernwaarde­s in terme van die GROEIstrat­egie vir die volgende paar jaar.

 ?? ?? Die skolierpat­rollie met hulle glimbaadji­es.
Die skolierpat­rollie met hulle glimbaadji­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa